The Project Gutenberg eBook of Martjie, by Jan Francois Elias Celliers
This eBook is for the use of anyone anywhere in the United States and most other parts of the world at no cost and with almost no restrictions whatsoever. You may copy it, give it away or re-use it under the terms of the Project Gutenberg License included with this eBook or online at www.gutenberg.org. If you are not located in the United States, you will have to check the laws of the country where you are located before using this eBook.

Title: Martjie

Author: Jan Francois Elias Celliers
Release Date: August 4, 2021 [eBook #65991]
Language: Afrikaans
Character set encoding: UTF-8
Produced by: Jeroen Hellingman, Kobus Meyer and the Online Distributed Proofreading Team at https://www.pgdp.net
*** START OF THE PROJECT GUTENBERG EBOOK MARTJIE ***

MARTJIE


MARTJIE

DEUR

JAN F. E. CELLIERS
Skrywer van Ons Leesboek, Die Vlakte en ander Gedigte, Die
Revier, Liefde en Plig, Unie Kantate, Die Saaiër, Jopie Fourie.

Goedgekeur deur die „Zuid Afrikaanse Akadémie
voor Taal, Letteren en Kunst”.

MET VOORWOORD VAN DIE SKRYWER.

VIERDE HERSIENE DRUK

J. H. de BUSSY,
Pretoria, Amsterdam.
HOLL.-AFRIK. UITGEVERS-MIJ. v/h. J. DUSSEAU & Co.,
Kaapstad.
1920.

Regte van Herdruk en Vertaling voorbehou.


VOORWOORD.

Vir ’n skrywer, maar veral vir ’n Afrikaanse skrywer, in die tye wat ons belewe, is dit besonder aanmoedigend en verblydend as hy ondervind dat ’n nuwe druk van sy werk nodig is. Ek dank my landgenote vir die aanmoediging en ondersteuning, en hoop dat „Martjie” by toeneming sal bydra tot die doel wat ons beoog: opbou van taal, kuns, nasionaliteit.

In hierdie twede uitgaaf het ek die spelreëls toegepas wat goedgekeur en vasgestel is by die jongste sitting van die „Zuid Afrikaanse Akadémie voor Taal, Letteren en Kunst”.

Op ’n paar kleine wysiginge na, is die eintlike teks onveranderd gebly.

Ter wille van maat en ritme, en alleen om die rede, het sommige woorde afwykende vorme gekry, b.v. „ower” in plaas van „oor”, „bowe” in plaas van „bo”, ens. Om dieselfde rede is die dubbele ontkenning hier en daar verwaarloos. Die woordjie „sig” het ek hier en daar nog behou.

Ten slotte nog ’n enkel woordjie—van eie hand hierdie keer—oor die aard en vorm van my werkie:

My bedoeling was ’n eenvoudige skildering te gee van ’n liefdesverhouding tussen ’n Afrikaanse meisie en jonkman in Afrikaanse omgewing, ’n algemeen-menselike tema op eie toneel opgevoer. Alle begeerte na avontuurlikheid of ingewikkeldheid in die verhaal was dus uitgesluit. Die inkleding, wat gebeurtenisse, natuurbeskrywing, ens. betref, moes net voldoende wees om, teen passende agtergrond, die hoofmotief duidelik te laat uitkom. Die vraag is alleen in hoever ek geslaag is om hierin harmonie en gesonde verhouding te bewaar.

’n Goeie roman huldig dieselfde beginsele, en werk dit alleen breër uit.

Ek het ’n losse en onafhankelike vorm gekies, omdat daar baie dinge gesê moet word, wat eenvoudige mededelinge is, en net ondigterlike rymelary is as dit op strenge maat en rym gesê word, terwyl poësie in elke vorm goed uitgedruk kan word waar dit in ’n werk voorkom.

Hoewel die vorm los is, is dit darem nie ongebonde nie. Die goeie leser sal dit dadelik sien, en die sangerigheid en maatgang, wat ek bedoel het, tot hul reg laat kom.

Die skrywer.

Pretoria, 20 Oktober 1915.


Na verskyning van die Derde druk, in Januarie 1919, laat ek bowestaande voorwoord ook vir hierdie vierde druk geld. Die laaste spellingreëling deur die Suidafrikaanse Akadémie goedgekeur in Januarie 1920, word hier toegepas.

Stellenbosch, Junie 1920.


[1]

I.

Dis warm....
en stil.
Stil ook in die grote boerehuis onder die eike;
geslote ten halwe die luike
—die groene luike van die rame—
soos oë swaar van sluimering
by middag-sonnestowe;
mure en stoep hier en daar
bestrooi met ligtende skyfies,
waar die sonlig val deur die blare,
deur die donkere loof van die eike.
Hoog bowe voordeur en stoep,
eerwaardig en stil die skaad’-wee
verrys die ou-Hollandse géwel,
gestreel deur die uitspreiend lower
en bowe die voordeur as rustend
op twee sware krulle in die muurwerk,
waar die jaartal, gedruk in die witkalk,
die ouderdom toon van die woning.
[2]
Dis stil.
So ’n stilte wat hang en wat draal,
of hy weet dat die middag nog lang is
en hy heerskappy sal behou
daar in die ou bome se skaad’-wee.
Onder die rusbank op stoep,
sy lede rekkend van luiheid,
lê Jafta die huishond te slaap,
geterg deur die gonsende vlieë.
Die tuinmuur langs, in die skaad’wee,
daar skuil die hoenders byeen
in klompies, swyend en gapend.
Náby die klip oor die voortjie
lê Adam, die otjie, in die water
en dam dit op, teen sy sye,
—stilbrommend van innig genot
na rukkies van roereloos drome.
Stil is die lange huisgang
—die sware voordeur geslote—
dofglimmend die donkere planke
alleen waar dit lig deur die rete,
wegduist’rend na agter in skeem’ring,
in fluist’ring van vele geheime.
Die tafel in die kombuis
is blank geskuur vir die Sondag,
en dáar staan, in eensaamheid singend,
die ketel op die gele konfoortjie.
Deur die half geópende luikie
val skuins op die vloer, in die middel,
[3]
’n goudgerf van léwende sonlig,
deurwemeld van drywende stoffies,
deurflits van die dartele vlieë
wat, gonsende ook op die ruite,
die dreune-deuntjie stem
van somer-námiddag-vrede.
„Wouf”—dis ’n blaffie van Jafta,
opskrikkend meteens uit sy sluimer,
want dáar in die muur het die hekkie
sy piepend geluidjie laat hoor,
en ower die werf kom langsaam
’n wandelaar aan in die paadjie.
Nie meer nie as één luie blaffie
het Jafta gelos, die ou luiaard,
en kom nou stêrtswaaiend nader
tot aan die rand van die stoep
om daar die besoeker te wagte;
—vrind’lik, as oue bekende,
streel Roelof die hond op sy hare.
Nie wensend oom Koot en tant’ Mieta
te steur in hul námiddag-slapie
gaan Roelof maar sit op die rusbank
en wag in die eike se skaad’wee.
Lui-kronkelend, vèr en naby,
styg hier en daar uit die bome
’n blou en gesellige rokie,
van námiddag-koffie getuiend,
van vrind’like buurskap en vrede.
[4]
Aan die hek van die saailanderye,
rus eensaam die dam in die skaad’wee,
die hangende lower weerspieëlend
van omstaande dromende wilge;
eentonig en skel klink vandaar
die geluid van die singende bésies
in slepend en eindeloos skryne
—soos lied van die warmte selwe.
Te veel is die simfonie
van die somernamiddag vir Roelof,
te veel na ’n wand’ling veral
uit die dorpie daar in die laagte;
hy sien nog die dakke van ver
deur die béwerige waas van die warmte
en hy ruik die bedwelmende lug
deur die son uit die blare gestowe;
dit skemer en draai voor sy oë,
sy hoof sink al laer en laer....
tot hy wegduik in rustige sluimer....
Agter sy rug gaan die vensterluik
stádigies, stádigies ope,
’n handjie kom dáaruit te voorskyn
en hou in die fynblanke vingers
’n koppie. Wat sou wel die plan wees?
Kyk, dit kom nader en nader
tot bowe sy halsboord van agter,
hy sien nie en hoor nie, maar, au!
daar voel hy ’n ys-koue straaltjie
[5]
meteens in sy nek en sy rug
en spring hy oorend van die rusbank!
’n halfgesmoorde laggie in die kamer
en vensterluik haastig geslote—
dit help hom nog meer uit die droom;
’n breë goedaardige glimlag
verhelder meteens sy gelaat—
en hy gaan maar weer sit op die rusbank.
’n Rukkie gaan so nog verby,
en nou kom, met stadige stappies,
om die verste hoek van die stoep,
’n mooi slanke meisies-gestalte
in haelwit sondagse klere,—
’n handwerkie vlak voor haar oë,
waar sy skynbaar geheel in verdiep is,
singend, half-hoorbaar, ’n deuntjie,
of sy dink dat sy heeltemal alleen is;
maar nou en dan sweef om haar mondjie
’n skuldig-ondeuënde laggie
wat moeilik die dwang kan verdra.
Sy ’s nader en nader gekom
en meteens kyk sy kastig verwonderd
nou op in die jonkman se oë:
„So, is jy daar, en hoe lank al
sit jy hier te wag op die rusbank?”
En Roelof hou kastig vir hom kwaad,
en set so’n donker gesig op
en roer so komieklik sy rug
dat sy nou haar lag nie kan hou nie,
[6]
en dit val soos musiek van haar mondjie,
soos klippies wat ploems in die water.

Dis seker maar die skone kans vandag
wat Martjie het verlei
tot so’n grap,
as dat sy lang genoeg vir Roelof ken
om so iets te durf waag,
want op haar wange is ’n blos
wat sy probeer aan d’ aandag te onttrek
deur praatjies,
volgend haastig op mekaar,
en grappies
waar sy selwe baie om lag.
Oom Kootjie en tant’ Mieta
verskyn ook nou op stoep in sondags-klere.
En nog ’n keer lag almal hart’lik saam
oor daardie koppie water.
Is Roelof onbeleef?
Nee, maar onbedagsaam is hy wel
as hy hom af en toe
so heeltemal
kan omdraai na oom Koot
om dan met hom alleen
te praat oor dit en dat,
asof hy glad vergeet
[7]
dat Martjie en tant’ Mieta ook nog daar is.
En, kyk, dis dan
dat Martjie, op haar stoel se rug geleun
en met haar hofie op haar hand gestut,
haar oog laat gaan
na vèr,
waar bloue lug die blonde velde raak,
waar goudstof lê
van ondergaande son, op gras gestrooi.
En starend-ernstig bly dan daar
haar oog gevestig,
soos ene wat die wêreld het vergeet—
geslote in haarself.
En wie haar nog nie ken,
haar vrolik sorgeloos bestaan
in ryke ouerhuis,
sou dink in daardie blik d’ ontdekking te gewaar
van dreiend onheil,
en ’n siel
wat sig met huiw’ring tot ’n stryd berei.
Maar hy dink daaraan wel die minste, hy
wat, altyd nog geselsend met oom Koot,
na haar nie omkyk nie.
Meteens het nou oom Kootjie haar gewaar
soos sy daar sit en droom.
’n Grappie is die ou se lus en lewe:
hy stoot vir Roelof aan
en wink na Martjie.
Behoedsaam staan die jonkman op
[8]
en, stadig naad’rend,
klap hy meteens sy hande op mekaar
net by haar hoof.
Sy wip van skrik
en vang haar asem met ’n diepe haal,
en almal lag haar same uit,
oom Koot, die ondeug, nie die minste nie.
„So, nou het ek die skuld weer afbetaal,”
sê Roelf, „vir daardie koppie water,
„en jul kan my glo, oom Koot,
„sy ’t net so hoog gespring soos ek.”
Die meid, ou Rosie, bring op ou-nooi’s wink
’n tafeltjie op stoep,
gedek met haelwit kleedjie,
die koppies en die kan
met koffie warm en geurend.
„Maar Roelfie,” sê oom Koot, „vertel my nou
„wanneer sal jy jou intrek eindlik neem?”
„Oom Koot,” sê Roelf,
„moet nou nie weer begin,
„U weet dat my kantoor....”
„Kyk Roelfie,”—en oom Kootjie lê sy hand
op Roelf se skouer en skud hom—
„daar ’s die dorp
„en hier die plaas,
„dit weet ek nou al goed;
„jou ryperd staan al langtyd klaar,
„kom, wanneer trek jy in, vertel my nou!”
„Oom Koot, ek het ’n kamer mos gehuur.....”
[9]
„En tot wanneer?”
„’n Maand die minste....”
„Nou goed, maar langer as ’n maand
„het ek nie meer geduld,
„hier op die plaas wil ek jou hê,
„en nou wil ek geen woordjie verder hoor!”
Daar ’s niks met ou oom Kootjie te begin,
hy is lank al aan die gang daaroor,
en Roelof moet die saak gewonne gee:
glimlaggend stem hy toe.

[10]

II.

Roelof is ’n seun van Freed’rik Prins,
Oom Kootjies boesemvrind,—
skoolmaats was die twee gewees,
en vrinde, tot die dood hul het geskei,
vrinde aan mekaar geheg
so onbaatsugtig trou
as selde in die lewe word gesien.
Freed’rik was dit ook wat hom met beurs
en raad gehelp het toe tekort en skande
gedreig het voor sy deur.
Nadàt hul was getroud, het wêrelds loop
die vrinde van mekaar geskei
en vèr was hulle van mekaar gaan woon.
Freed’riks dogters was al almal weg,
getroud, verspreid;
en Roelf, die een’ge seun,
was weg op studie toe sy pa
meteens gestorwe is.
[11]
En nou, met hulp en invloed van oom Koot,
is Roelof in die dorpie daar geplaas,
waar Uitkyk, ou oom Koot se plaas,
nie al te ver vandaan is.
Begryp’lik dus dat hy die deur vir hom
daar altyd ope vind
en gou op Uitkyk hom moes tuis gevoel.
En elke dag ook vind oom Koot
dat Roelf sy hart al meer en meer
gewonne het,
veral dewyl hy in maniere en aard
die ou-man so herinner aan sy vrind,
aan Freek, sy boesemvrind,
wat hy nooit sal vergeet.
Sy kinders, boëndien,
is almal uit die huis,
net Martjie allénig het nog oorgebly.
Dit alles, en begeerte nog daarby
om aan die seun
die liefde-skuld weer goed te maak,
het d’ou-man tot besluit gebring
dat Roelf by hom ’n nuwe tuis moes vinde.
Oom Kootjie en tant’ Mieta het wel stil
gedagtes by hulself gemaak
dat wellig, as die jonkman daar sou kom,
verhoudings tussen hom
en Martjie kan ontstaan
—in jonge harte maklik opgewek—
maar vir hulle maak dit sorg nog vrees,
[12]
soos hul hom nou al ken;
ja, nou en dan, en sonder woord te praat,
verwissel die twee oudjies ongemerk
’n laggie met mekaar,
en albei dink daarby
aan wat die toekoms sou kan bring.
Maar dit is al, geen woord of teken meer
wat aan hul teed’re wense uiting gee;
want dis hul goed en lang genoeg bekend
dat Martjie ’n wil,
’n koppie van haar eie het
en haar gevoelens nie laat lei.

In buurte en dorp
is Martjie baie gesien,
in meisies-kringe ook gesog,
hoewel sy in maniere en aard
haar onderskei deur iets aparts—
vir hoogmoed of verbeelding aangesien
deur die wat haar nie ken.
Maar duid’lik is ’t vir elkeen, van begin,
dat agter daardie grys-blou oë-paar
’n siel woon wat sig op sy plek gevoel,
vol erns en diepte, maar daarby
’n sonneskyntjie bêre,
gemak’lik tot ’n tint’ling op te wek,
wat baiemaal
[13]
ondeuënd uit die raaksiende oë straal—
tot wanhoop, ag,
van menig jonkman wat alreeds
om Uitkyks noointjie het gedraai:
dis duid’lik, sy is almal skoon die baas,
en lyk of sy aan trou nie dink.

[14]

III.

Dit was ’n aand gewees
toe Roelof, ná sy vaders dood,
op Uitkyk kom die eerste keer.
By lamplig, in die huisgang, het hul hom
die aand ontvang
en welkom aangebode.
En Martjie het hy ook die eerste keer
toe daar ontmoet
en hand gegee.
Van bo het sy die lamplig neer sien val
op voorhoof breed en welwend;
en uit die winkbrou-skaad’wee
had ’n oë-paar
haar aangekyk
so durwend en so reguit in haar eie,
soos sy nog nooit by jonkmans het gewaar.
Die handdruk, ook, was ferm daarby.
En, net soos ene half verslae,
het sy ’n stappie toe terug getree.
[15]
En sittend by haar bed die aand
het sy só lang
met oë starend-wyd
die kêrsvlam aangekyk,
of sy ’t nog nooit tot nou toe het gesien;
en het nou iemand haar gevra: hoekom?
dan het sy ’t selwe nie geweet:
Gemak’lik-ordeloos, van bande ontslae,
kan ons gedagtes so aan dwale raak,
in towerlande
swaar te ontvlug.
So was dit ook met haar die aand;
maar elke keer het sy gemerk
hoe steeds die beelde, vlottend om haar heen,
om éne punt wou draai;
en elke keer sien sy dan daar
’n voorhoof van ’n ronding hoog en edel
en durwend daardie oë, op haar gerig.
En ’t was of sy in daardie blik
’n aanval sien,
of sy tot stryd word uitgedaag.
Meteens opspringend van haar stoel, het sy
haar hofie trots na bo gewip:
„wat of hy hom wel sou verbeel,
„die baas-skap sal sy hom wel gou ontleer....”
en hard-op het sy toe gelag.

Twee maande is nou verby
ná daardie aand van Roelofs koms,
[16]
maar hy ’t vir haar
dieselfde nog gebly:
eerbied bowe mate, soos sy dit
by ander jonkmans sien,
betoon hy nooit aan haar;
maar kyk, alreeds na d’eerste dag of drie
kon sy haar daaroor nie meer erger nie.

[17]

IV.

Die Volkslied!?
En so vroeg al in die môre?
Ja, dit is die afgesproke teken,
Martjie staan al lang daarop te wag.
Nie nodig ook
die sweep se klap,
sy ’s lank al aangekleed en klaar.
Gelag en sang
kom van die hek se kant,
’n vrolik jongspan wag haar daar
op bok-wa, vol gelaai.
Twee jonkmans spring daar van die relings af
en storrem op die hekkie toe
in wedstryd, uitgelate,
die voetpad op
in ylend-snelle vaart—
wie of die eerste daar sal wees!
Martjie staan al by die voordeur klaar
met kappie helderwit, en toegestrik
[18]
teen môre-kou.
Glimlaggend knik sy met haar hoof
’n groet terug,
op daardie twee se môre-groet
en buiing, speels-oordrewe.
Sy wys hul daar ’n mandjie, by die deur,
wat mee moet gaan.
Gejuig begroet haar by die wa.
Haar twee geleiers maak, aan d’agterkant,
met hande saamgevoeg,
’n trappie waar sy op kan staan,
en die wat op die wa is, neem haar hand;
so word sy opgelig,
en vooroor val sy byna in die wa,
op die wat daar al sit!
’n Juigkreet is die laaste groet
aan Uitkyks woning, half geborge nog
in skaad’wees van die nag,—
en verder gaan die piekniek-wa.
Tweekeer word die volkslied nog gehoor,
voor wonings wat nog slaap,
om die te wek wat mee moet gaan.
Die span is nou voltallig, en die trek
is berge toe.
Hul ’s op die bult, en plots’ling word hul oog
getroffe deur die môre-son,
oor verre vlakte-soom net opgeduik,—
[19]
met drie hoera’s begroet;
en kyk, dis net of hy vir hul
’n ogie knip
en blye dag beloof.
Die bok-wa gooi sy skaad’wee lang-gerek
op harde pad.
En lieflik lag die vlakte na omhoog,
deur môre-dou se dampe
—luierend hier en daar
in leegtes—
as gedra op weerklank van
die verre hane-kraai.
Uitgespan is reeds die wa
as Martjie eers van Roelf ’n môre-groet
en handdruk kry.
Hy was nie een van daardie twee gewees
wat haar kom haal het by die deur:
bésig het sy hom gesien
met diere en tuig,
en toe hy op die wa sy sitplek neem
was sy al daar;
van ver, so tussen al die ander uit,
het hy maar net na haar geknik;
en heel-pad langs het hy
genoeg’lik met die nooi gesels
wat naas hom sit.
In bonte ry sit almal op die gras,
die maaltyd sal begin.
[20]
Naas Roelof is ’n plekkie oop,
maar Martjie loop verby
of sy dit glad nie sien,
en kies ’n plekkie aan die ander kant.
Is ’t wraak, of moedwil, in die snelle blik
wat sy hom werp vandaar?
Hoe ’t ook mag wees, op hom is ’t glad verloor:
hy ’s besig met ’n bottel oop te maak,
die meisie naas hom te bedien;
as Martjie nog bewys moet hê
dat hy haar moedwil glad nie het gemerk,
dan lewer hy dit self,
want, kyk, daar spring hy op
en wip die gras-perk oor
na haar,
en, op haar skouer tikkend,
sê hy: „kom, ou sus,
„laat ek jou glasie vir jou vul.”
Sy blik is openhartig, reguit kyk
sy oog in hare,
en bruisend tintel net alleen
die piekniekdag se vreug daarin
as hy laat volg:
„en netnou kom ek vir jou haal, ou sus,
„ons twee is maters by die meule-spel.”
Na so’n ontwaap’ning
kan sy wel nie anders nie
as met ’n glimlag toegee aan sy wens.
Hy ’s weg alweer van haar,
na oorkant van die kring,
[21]
om nog ’n leë glasie vol te skink.
„Stilte daar! ’n voordrag word gegee.”
Die voordraer het al pos gevat
in middel van die kring;
maar almal lag en praat
en hoor nie hoe hy reeds die naam
van sy gediggie noem.
Maar Martjie het die naam gevang, en weet
dat daardie vers ’n spotgediggie is
op een wat sig belaglik maak.
Is ’t Martjie alleen wat merk hoe Roelof nou
meteens verby die voordraer loop
en snel
’n woordjie fluister in sy oor?
Sarie Drost is iemand
sonderling in alles wat sy doen,
in elke trekkie kom sy haas ooreen
met daardie noointjie in die vers beskrewe,
en Sarie is vandag ook hier.
Roelf, onseker of die voordraer wel
sy wenk sal volg,
die versie sal laat staan,
is snel na Sarie toe gestap
en vraag haar om met hom
’n wandeling te maak,
soos ander reeds al doen—
van ete opgestaan.
[22]
Daar ’s stilte nou, en Roelof hoor van ver
dat hy, wat voor sal dra,
’n ander versie noem as d’eerste keer;
en, Sarie opmerksaam makend,
stel hy voor aan haar
om op die gras te sit
en eers met hom die voordrag aan te hoor.
Onafgebroke is Martjies oog op hom,
in stilte, so van ver;
bewond’ring lê daar in die blik,
so groot
asof sy daad
—beleefdheids-diens aan Sarie Drost betoon,
deur Sarie-self en deur die gaste ook
nie opgemerk—
’n heldedaad van d’ allergrootste is.

Die dag is om
en almal word weer tuis gebring.
Met Martjie saam
stap Roelf by Uitkyk van die wa.
Ná ete sal hy dorp toe stap, alleen,
van-aand die laaste keer,
want môre, eind’lik, is die dag gekom
dat hy op Uitkyk intrek neem,
na sy belofte aan oom Koot gedaan.—
[23]
Sy buitekamer staan al klaar,
met sorg vir hom berei.
Dis stil op stoep,
die nag hang swaar in digte eike-lower,
breë stamme eenkant net verlig
waar lamplig uit die rame stroom;
en uit die ope voordeur gly oor stoep
’n baan van lig,
vèr-strekkend oor die werf se gras, tot waar
die swarte donker dit verswelg.
Oom Kootjie sit voor ope raam te lees,
die bybel-blaaie hel verlig,
en volgend met sy vinger elke reël:
met vrome aandag nog ’n keer die woord,
die skone woord herhalend wat hom flus
getref het toe hy vir almal saam,
die aand-diens het gelei.
En by die tafel ook, met hoof gebuie
in stilte, oor die handwerk wat sy doen,
hoor ou tant’ Mieta aan.
Onvermoeid nog na die dag se tog
in berge en veld,
kuier Martjie en Roelf op stoep,
in awendkoelte.
Vertrouelik, asof
hy nader sig aan haar wil voel
het hy haar arm geneem;
maar ná ’n rukkie, plots’ling,
[24]
net of hy
na iets wou buk,
het hy haar weer gelos.
En al te goed het sy gemerk
dat hy die plan ekspres maar het bedag
om van haar af te raak.
In stilte vra sy aan haarselwe:
wáarom tog?
Elke keer gaan hul
die ope raam verby
en oor die ronding van die boom se stam
gly stil hul skaad’wee.
Fluist’rend praat die twee, om ou oom Koot
sy stotend lese nie te steur.
Dit word vir Roelof tyd,—
verbygaand by die voordeur stap hy in
om aan tant’ Mieta en oom Koot
goeienag te sê.
„Tot môre, Roelfie,” sê oom Koot,
„dan is jy eind’lik onse huisgenoot.”
Martjie stap met hom die treedjies af
om mee te gaan
tot aan die hekkie van die werf.
Sy het van-aand maar min gepraat,
werktuig’lik antwoord géwend as hy so,
by kuier heen en weer op stoep,
haar iets gesê het of gevra;
en droomverlore stap sy nou ook nog
so met hom saam.
[25]
Hul ’s by die hekkie voor sy weet;
en as hy haar ’n hand tot afskeid gee
en sê:
„die laaste keer,”
dan hou sy in haar handjie nog
sy vingers vas ’n oënblik....
Opskrikkend, plots’ling,
los sy gou
die jonkmans hand
en sê gejaag, met laggie baie verleë:
„maar kyk vir my,
„is ek dan mal om so meteens te dink
„dat jy vir altyd gaan,
„en môre kom j’ eers regtig....”
„Martjie, Martjie!” antwoord Roelf
gemaak-bestraffend;—en dan is hy weg,
verdwene in die nag,
op ligte tred en snel,
’n vrolik deuntjie fluitend op sy gang.
Glansend-wit, ’n oënblik,
vertoon sig in die lamplig voor die deur
die slanke beeld van Martjie,
as sy snel
die treedjies opstap en oor stoep
na binne gaan,
die voordeur sluitend vir die nag.
In sware mantel duik die nag
nog dieper weg,
gewieg as op die naklank, sterwend-ver,
[26]
van bybelwoorde flus gehoor,
en op die koorgesang
van kikkers in die slote al-omheen.
En hoor, dis net of uit die sfere bo
’n fluist’ring van die sterre ruis,
sig mengend met die koorgesang beneë,
tot lied van vrede en rus....
Martjie is kwaad
en met haarselwe ontevree;
met hand-ruk driftig-snel
het sy haar tjalie op ’n stoel gegooi
en stap haar kamer op en neer:
Wáarom het sy haar ge-èrg gevoel
van-môre op die wa
toe Roelf so min na haar
het omgekyk;
en watter reg had sy om te verwag
dat hy nou juis naas haar
’n plekkie op die bok-wa in sou neem?
Nee, had hy dit wèl gedaan
dan was sy juis miskien
ge-èrg om so ’n handeling, daar,
voor oë van die hele piekniek-skaar,
want maklik word so iets verkeerd bedui.
En hoe verspot van haar,
toe hy van-aand
soos ander dae haar wou groet,
te dink of droom
dat hy vir altyd afskeid neem,
[27]
en so sy hand in hare vas te hou!
O, foei, en wat gedagte het hy wel
van haar gekry?
Sy, in die huishou so bekend,
en oral, dat sy steeds
in dink en doen
so helder is en klaar!
Vanwaar dan die vergissing so meteens?
Martjie vind op al die vrae
geen antwoord nie;
en opgewonde van verwarring nog
en ergernis
lê sy haar eind’lik op haar bed te rus.
Maar éen ding staan by haar nou vas:
sy sal hom môre daad’lik goed laat merk
dat daardie handdruk van van-aand
maar net vergissing was
en tog volstrek geen plan
van haar kant nie
om hom tot naad’ring te beweeg.

[28]

V.

Oom Kootjie, jeugdig nog van hart,
en elke dag aan Roelof meer geheg,
het lank al reeds gesê:
„kyk Roelfie, op die dag,
„as ek jou eind’lik hier op Uitkyk het,
„haal ek ’n bottel ou-wyn uit
„en drink ons jou gesondheid almal saam.”
Oom Kootjie wil sy woord nou hou,
en ’t tref ook net vandag
dat ou neef Kasper en sy vrou
op Uitkyk aan sal ry,
—vir ou tant’ Mieta nog ’n rede meer
die glans van hulle fesie te verhoog
met tert en koeke
vars en geurend uit die oond.
’n Tafeltjie staan buite reeds gedek,
neef Kasper en sy vrou word daar ontvang.
Wat sou ’t met Martjie wees?
[29]
Sy staan gekleed en klaar
om uit te gaan,
en sal vandag
nie daar wees by die klompie nie:
Ja, gist’r-awend het sy nie
in slaap geval
eer sy ’n middel had bedag
om haar besluit teen Roelf
gevolg te gee:
in plaas van ook sy welkoms-fees
met vrolik-lief gesiggie by te woon,
sal sy verklaar
op boodskap te moet gaan
wat nie meer uitgestel kan word.
Maar nou sy reeds het opgemerk
hoe hy vir haar
dieselfde is as elke dag,
en daardie handdruk van gist’r-aand
vergete het
of heelt’mal nie beskou
as blyk van soet geheim wat sy aan hom
in stilte het vertrou,
nou voel sy grote lus, haar plan
van uitgaan te laat vaar
en daar te bly, by hom.
Sou ’t blydskap wees omdat sy haar
in hom vergis het;
of sou dit wees dat sy maar net gevoel:
natuurdrang van haar meisieshart
[30]
gerus ’n vryer teuël te kan gee
waar geen gevaar bestaan
dat hy die hele hand sal neem
as net ’n vinger hom word aangebied?
Maar dis al tyd
dat sy moet gaan,
haar klein komedie moet sy nou
ten einde speel.
Dis ander dae nooit gebruik by haar
’n hand te gee,
as sy so heen en weer op boodskap gaan,
maar, vir ’n grap sou sy dit net
vandag wil doen,
ja, skynbaar vir ’n grap
maar eintlik wel
om Roelof ook ’n beurt te gee
haar hand in syne vas te hou.
Plots’ling kry hy nou
gedagte weer
aan Martjies groet gist’r-aand,
en op sy beurt hou hy haar hand
in syne nou gevang
terwyl hy laggend sê:
„Nee wag, jy ’s al te haastig,
„laat ek hul nou eers vertel:
„Tante, pas maar op vir Martjie, hoor,
„wat sy makeer gaan bowe my verstand,
„daar ’s muis-nes in haar kop....”
En daar word die hele storie van gist’r-aand
vertel.
[31]
Sy ruk haar handjie los uit syne
en haas haar stap
om weg te kom.
Ja, soet geheim, voorwaar!
Hoe kon sy tog van hom ooit so iets dink?
Dáar word dit aan die laglus prys gegee
van almal saam!
Sy voel dat haar gewete suiwer is,
maar waarom dan voel sy soos een
wat heelt’mal is verslae?
„Dis duid’lik,” sê sy by haarselwe,
„hier moet anders word te werk gegaan....”
Te werk gegaan!? Hoe kom sy tog
aan so’n gedagte;
wat is dan haar doel
waar sy na streef,
of syne, wat sy moet verydel?
Nee, sy vind op al die vrae
geen antwoord nie;
en elke dag word sy haarselwe nou
tot raadsel, meer en meer.
Hoe klugtig was haar swaar bewapening,
waar nooit ’n aanval was te vrees
.... en moontlik ook geen vrees sou wek!

[32]

VI.

Dis oggend, en die ete staan al klaar,
—die aand tevore, laat, is Roelof ingetrek
nadàt hy in die middag eers
die welkomsfees had bygewoon.—
Oom Koot sien almal om die dis
hul plekke neem
en vryf sy hande op mekaar
van skoon plesier:
„Ja, Roelfie, so wou ek dit altyd hê,
„en kyk, die plekkie wat jy daar
„aan tafel het
„is joue vir altyd nou.”
En moederlik-geneë is
die laggie wat daar straal
van ou tant’ Mieta haar gelaat.
En vrindlik ook knik Martjie met haar hofie.
„Kom,” sê oom Koot, en buig
[33]
sy hoof voor-ower op sy hand.
Almal volg hom na daarin;
en niks versteur
die plegtig woord van d’ ou-man se gebed
as net die vooltjies, kwett’rend voor die raam,
en, by die eikeboom, die hoef-gestamp
van Roelofs ryperd, opgesaal en klaar
om hom na dorp te neem.
’n Oënblik van erns en stilte volg
op d’ „amen” van oom Kootjie se gebed,
want hy het daarin ook ’n woord gewy
aan sy getroue vrind, en aan sy seun
—hul huisgenoot van nou af aan.

Dis net of daar met Roelofs koms
’n windjie is ingewaai
van nuut-fris lewe op die kleine kring
aan tafel:
Met kennis toegerus van veel
wat vreemd is aan die lewe op die plaas
is hy ’n bron van nuw’ gedagtes.
Oom Koot is op sy stukke:
ywerig deur Martjie bygestaan
bespaar hy aan die jonkman nie
sy kleine plaëry
en strikvrae, fyn gespan.
„Ag kom, wat sou die Johnnie daarvan weet?”
dis baie maal oom Kootjies woord:
[34]
en Roelof, ongewoon en links
in plaasgebruike,
bly die mikpunt so
van hulle skerts.
Maar ou tant’ Mieta is sy bondgenoot
by die skermutselings;
en baie maal steun sy hom fluks
met woorde goed van pas,
wat aan die teëparty ’n neerlaag kos.
En raak hy hulle self,
met voorslag goed gemik,
dan knik sy hom goedkeurend toe.
—So baie plesier het sy
in jare nie gehad!
„Maar wag maar, ons twee sal die Johnnie sout,
„hoor Martjie!”
dis dikwels dan oom Kootjies laaste skot.

[35]

VII.

Smôrens is oom Koot
van almal in die huis die eerste op,
gebruik sy koffie en sy brood
en hou al vroeg die opsig by die werk.
En met tant’ Mieta ook
is ’t baie maal nie anders nie.
En so is ’t al die reël elke dag
dat Roelof aan die tafel smôrens net
vir Martjie nog ontmoet,
om hom by d’ete te bedien.
Die plig laat sy haar welgeval
as vir ’n broer,
want as ’n kind van hul gesin
word Roelf behandel.
Bekoring het so’n broerskap wel vir haar,
sy kan nie stry nie,
nee, sy kan heelt’mal nie ontveins
dat daardie klein kwartiertjie elke dag,
[36]
aan d’oggend-dis met hom,
die skoonste oënblik is van d’hele dag,
verlangend sien sy daarna uit,
te meer omdat sy nou genoeg besef
dat nooit welvoeglikheid se heiligdom
van hom gevaar te dugte het,
as hul sig spelend op die rande waag
van hartstog en gevoelens
steeds aan jonge harte eie.
Skud die Wysheid met sy hoof
as hy so’n spel aanskou?
Wel moontlik, ja,
maar sonder ’n glimlag op sy lippe
seker nooit.
„Martjie, ’n stukkie brood,”
vra Roelf
Sy skuif die bakkie aan.
Hy sê al dankie, want hy het gedink
’n snytjie te kan neem.
Maar al-meteens trek sy dit weer terug,
en gryp hy met sy hand
die tafeldoek.
En as die bakkie stadig nog ’n keer
word aangeskuiwe
gryp hy snel haar blanke pols,
dat sy hom nie ’n twede keer kan fop,
—sy vingers drukkend in haar weke vlees—
maar plots’ling laat hy los,
[37]
hoewel daar niemand is wat kyk
en vestig op sy bord sy oë weer
asof hy iets gedaan het wat
hy nie mog doen nie.
Haar môre-kleed is rose-rooi van kleur,
nie knellend om haar lede nie,
maar volgend tog die ronding—vol en buigsaam;
mollig, en tot d’elleboog ontbloot,
haar arme,
in die moue wyd en oop.
Op d’adem van die rose, fris bedoud,
kom deur die ope venster uit die tuin
die skone môre;
maar dis net of slegs aan haar
die môre sy aroma het ontleen
wat d’hele kamer vul,
en ná-geur nog
as sy dit lank al het verlaat.

[38]

VIII.

Roelof, in ervaring reeds geryp
en ouer in jare as Martjie,
het van sy aankoms af
die aansien en die agting reeds gewin
van almal in die dorp.
Maar Martjie moet sig wel beken
dat nie juis daarin nie
die rede lê
dat sy in hom
’n ander en ’n meerder sien
as in die ander jonkmans om haar heen.
Onagsaam deur ’n jonge man
te word verby gegaan,
wat wêrd is dat sy hom
haar agting of ten minst’ haar aandag gee,
word deur geen jongnooi
goedskiks ooit verdra.
[39]
Wyl ’t haar gelyk het van begin
of Roelf eenvoudig net vir haar beskou
as een soos pa en ma,
moes Martjie ondervind,
nie weinig tot haar eie verbasing, dat
sy haar oorstelp gevoel het deur
’n bang v’rontrusting,
nee, deur wanhoop, sou sy byna sê.
Die dwaasheid daarvan het sy toe haarself
wel voor-geredeneer,
sig vraend waaroor sy tog wel
te wanhoop had;
en kwaad, dat so’n beroering haar,
so helder van verstand,
so’n dwase kyk op mense en dinge gee.
Maar nou dat alles weer verby is
en dat Roelf,
d’onskuldige oorsaak, daar nog altyd staan
so vas en kalm-onwetend
soos ’n rots
wat bo die golwe ongedeer
hom nog vertoon,
nou moet sy nogmaals ondervind
dat die verhouding nog maar nie vir haar
bevredig nie.
Dis swaar vir haar om hom met rus te laat,
met moeite moet sy haar bewaak, bedwing,
om in haar plaery
nie al te ver te gaan;
[40]
te meer omdat sy altyd merk
hoe hy, in weerwraak op haar grappies, hom
die selfdwang oplê, waar sy nie
die rede van deurgrond nie,
wat hom altyd noop
om òm te draai
as hom sy jonge bloed
tot naad’ring wil beweë.
Selde of ooit sal hy
uit eie beweging ook met haar
’n plaery begin;
en baie maal
het sy reeds opgemerk
hoe hy, as ma en pa teënwoordig is,
hom meerder vryheid gun met haar
dan as hy hom met haar alleen bevind.
So bly nog hul verhouding steeds
’n bron van onrus en van twyfel,
tot daar iets gebeur
wat plots’ling nuwe lig ontsteek vir haar,
en onmiskenbaar is:

[41]

IX.

Uitkyks naaste bure woon
nie al te ver nie,
’n spruitjie is die grens; aan d’owerkant
daar lê die woning.
Die oudste dogter van die huis is Sannie,
Martjies skoolkam’raad uit vroeër dae;
baie maal kom sy
’n middag of ’n aand na Uitkyk oor
en bly die nag dan daar.
Sannie is al lang ’n goeie vriendin
van Roelof ook.
Menigmaal met Martjie saam,
of ook allénig, het hy haar gaan haal
of huistoe weer gebring.

Dis weer so’n Sondagmiddag op die plaas
by Sannies ouers,
Roelf en Martjie was die middag daar
[42]
en staan nou op vertrek.
Sannie is op Martjies wenk
haar kamer ingegaan
en kom terug, met kappie op haar hoof,
om saam te wandel.
Weldra is die drie op pad
na d’oorkant toe,
die ene agter d’ander in die paadjie
deur die gras,—
agterste is Roelf.
Soos altyd as die twee mekaar ontmoet
is Martjie en Sannie nou teen Roelf
’n bondgenootskap weer verbind
van terge.
Sprank’lend huppel, langs die ry,
die plaag-skerts,
heen en t’rug-gekaats van d’een na d’ander,
stootlaggies sonnig-helder tussenin,
—geming met woorde en grappies.
So, mekander volgend, stap hul aan,
die spruitjie naad’rend.
Oor hul klere gly
die sonne-kolle, wat die blare bo
op hulle deur laat val.
Roelof voel hom teen die twee
nie opgewas nie;
stingels pluk hy van die lange gras,
asgaaie-worpe mikkend dan daarmee
op rugge en arme—roserooi en sag
deur witte somerkleedjies skeem’rend.
[43]
„Sannie kyk,” sê Martjie, „hier het hy
„die ander middag amper ingeval,”—
en met haar handjie wys sy op ’n plek
waar Roelf se voet het uitgegly,
net bo die stroom:
Die brug is net ’n boomstam oor die spruit,
aan weersy in ’n mikhout vas-gelê,
en raaklings oor die water gaande,—
breed en ondiep is die spruitjie hier.
„Nou kyk,” sê Martjie aan Sannie,
„hier, waar hy nie reg-op kon bly staan,
„sal ek, met oë toe,
„my drie keer in die rondte draai.”
En, met haar arme uitgesprei,
voeg sy die daad ook by die woord....
’n Roep van skrik!
sy wankel,
alkant grypend om haar heen,
sy val!
Maar Roelf is by
en het haar om haar middel vas
in sterke arm.
Maar op die boomstam
kan hy ook homself nie staande hou,
hy gaan met Martjie val,
hy voel dit, O!
Eén plan is net nog oor
met snel beraad gryp hy dit aan:
hy spring!....
[44]
Daar staan hy in die water nou met haar,
tot aan sy knieë in die stroom,
maar sy daarbowe,
droog, en veilig in sy arme nog
—haar arme om sy skouer vasgeklem.
En Sannie lag dat sy so kannie-meer
tot sy ook amper van die steg af val!
Stadig oor die klippe nou
stap Roelf met Martjie kant toe,
—sy van skrik bekome,
nou sy voel
dat niks te vrees is nie.
En Sannetjies uitbundig-luid geskater
werk op die twee aansteeklik
sodat hul
ook saam begin te lag.
Die water stoot teën Roelofs bene op,
versigtig oor die klippe set hy goed
sy voete vas.
Sou ’t wees dat nou die skrik
begin op Martjie ná te werk?
want gouer gaan haar asem, gouer steeds
namate Roelf met haar
al nader vorder na die kant;
en aan sy bors kan hy ook voel
hoe, altyd meer, haar laggie hygend word
en stoterig.
Sannie sit al oorkant op die gras
en kan nie meer van die lag.
[45]
Roelf is uit die water nou,
en set vir Martjie op haar voete neer,
by Sannie op die gras.
Wat is hom tog oorkom?
Sy lag is nie meer vrolik-ongedwonge
en luid, soos elke dag.
Meteens is tans die vrolikheid
by Sannie, as by Roelf, verstom,
want plots’ling eindig Martjies hik’rig laggie
in ’n snik
so luid en pynlik-skokkend
asof selfs die vrolik sonnetjie
daarvoor moet skrik!
Maar gou-gou het sy haar herstel,
nog voor die ander angstig haar kan vra
wat sy makeer.
En laggend, naas mekaar, stap hul na huis.
Roelf is na sy kamer afgedraai
om droë klere aan te trek.
Deur Sannie word die voorval by die huis
met geur en kleur vertel.
Martjie het sig op ’n stoel laat val,
gejaag gaan altyd nog haar bors;
sou ’t wees van skrik
of van vermoeienis?
Haar wange gloei,
en van haar ma af draai haar oë weg,
en bo haar asem is haar stem,
as sy verklaar:
„O, ma, ek het tog so geskrik!”

[46]

X.

Lyk dit of die lot of noodlot soms
nog dralend rond-tas na die plan
van ons bestemming,
is eenkeer d’eerste stoot gegee,
dan volg die twede dikwels gou daarná:
„Maar wat is dit met julle twee van-aand?”
Dis ou tant’ Mieta wat dit vra
want Martjie en Sannie is van-aand
nie in te hou nie.
Martjie voel ’n opgewondenheid
wat prikk’lend haar van hoek tot kante jaag:
opbruisend woel ’n lewe in haar bloed
soos sy nog nooit geken het nie,
asof sy ’n lus gevoel
om alles met haar hande aan te gryp
—te frommel deur mekaar,
en roekeloos
[47]
die bande af te gooi van selfbedwang.
Hul fluister met mekaar ondeuënd, die twee,
en nou en dan kom uit die ver kombuis
’n lagbui onbedaarlik;
ja, dis wel bewys
dat iets gebrou word wat met sorg
vir Roelf bedek word
en hom nie
veel goeds voorspel.
Die awend-ete staan op tafel klaar
en almal neem hul plaas.
Martjie deel die pannekoeke uit
en gee die borde rond aan tafel.
Sy en Sannie kan met moeite
hul lag bedwing
—dis anders wel gewoonte, as die twee
eers reg op stryk is.
Roelof, nes die ander, het alreeds
sy pankoek opgerol,
’n stukkie afgesny en opgehap;
maar ’t lyk of hy nie vorder nie:
hy kou en kou
en skuif die happie met sy tong
van links na regs
en weer terug....
Hy buk sy hoof, om op sy bord
sy pannekoek noukeurig te beskou.
En, nes ’n stortvloed wat ’n dam verbreek,
wat nie meer uit kan hou nie,
[48]
bars nou Martjie en Sannie al-meteens
in tomeloos geskater los:
in Roelofs pannekoek het hul
’n ronde lap van linne ingebak!
Hy lag met hulle hart’lik saam
en moet beken
dat hul hom goed het beet geneem.
Oom Kootjie sê: „Maar hoor,
„jul jonkmans van vandag is darem swak,
„in my dae moes ’n nooi dit tog probeer
„om my so’n streek te speel,—
„so waar het sy ’n soen gekry!”
Van menigeen, wat aars’lend nog ontbeer,
maak so’n woord meteens ’n held:
Gevaarlik is die lig wat plotseling
aan Roelofs oog ontskiet,
’n oënblik weifel hy,
maar voordat iemand regtig weet
wat nou gebeur,
is hy reeds agter Sannies stoel,
sy arm geslae om haar hoof,
en op haar wang gee hy ’n ferme soen!
Martjie is opgespring,
en na die deur slaan sy op vlug!
Maar ou oom Koot is klaar, en met sy arm
keer hy haar voor;
’n oënblik nog, en Roelf het haar gepak,
haar arme in sy sterke greep geklem
[49]
en magteloos,
en op haar frisse lippe, rood en vol,
druk hy ’n soen!
Albei het die slagveld nou ontvlug
en Roelf het baas gebly.
Hy neem sy stoel weer in
—oor eie kordaatheid baie verbaas,
bedremmeld en terneergeslae
nou dat hy
bemerk hoe ver hy is gegaan.
Goedkeurend klop oom Kootjie op sy skouer:
„Roelfie, ’t het my altyd maar gelyk
„of jy te stadig is,
„maar nou het ek gesien dat jy
„gesny is uit die ou soort hout—
„dis reg so, man!”

As Martjie weer die ander môre vroeg
die eetsaal binne kom
vind sy vir Roelf reeds daar
en yw’rig besig:
naas sy bord
het hy ’n stuk papier,
en teken iets met potlood daarop aan,
so besig dat hy selfs nie merk
hoe sy die kamer binnekom,
—of sou hy maar so maak?
[50]
Dis net of sy ’n skok gevoel
en op die drumpel
moet bly staan:
wat! is dan in hom,
sinds wat daar gister het gebeur,
so gansegaar en niks verander nie?!
„Môre ou sus,” sê hy meteens,
as sy reeds reg-oor hom
haar stoel geneem het,
maar van sy skrywe kyk hy nog nie op
en bly nog so ’n rukkie spraak’loos sit.
Met snelle handbeweging
skuif hy nou
papier en potlood weg
en kyk haar in haar oë aan:
„Ou sus, maar waarom kry ek dan
„van-môre glad geen koppie koffie nie?”
Martjie voel ’n rukkie in haar asem,
snel-verleë is haar laggie
as sy moet gewaar
dat sy eers nou
haar tafel-plig gedenk.
Sy gryp die koffiekan
en skink sy koppie vol;
en dis vir haar ’n baie groot verligting
as sy sien
dat hy met brood en boter
besig is
en nie die blossie merk
[51]
wat op haar wange vlugtig vlam;—
maar half het sy ’n gedagte dat hy dit
ekspres nie wil gewaar.

Hoewel hy openhartig is en vrolik
bly hy maar vir haar
’n raadsel:
hoofskuddend, by homselwe,
of pratend, as daar niemand by is nie,
en somtyds stil in diep gepeins.
Maar gou is altyd weer
die skaad’wee weg
en is hy weer homselwe,
meestetyds vóor iemand iets kan merk.

Martjie is haarself nie meer,
sy voel haar op ’n weg gestoot
waar sy nie meer op kan terugkeer nie.
Vergeefs is elke dag haar moeite
om, in praat en doen,
vir Roelf dieselfde weer te wees soos vroeër.
Ja, maar as sy aan haar selwe vra
op watter tyd die „vroeër” terug moet sien
dan weet sy nie,
want duid’lik is dit tog vir haar
[52]
dat reeds die eerste keer
van hul ontmoeting
sy al reeds nie meer
haarselwe het gevoel.
Maar nou moet sy daarby nog ondervind
hoe sy ook tot haar ouers en haar vrinde
en tot haar werk geworde is
soos een wat vreemd is.
Wonderlik is in ons lewe, ja,
die kérings-punte, as ons moet gewaar
dat so meteens ’n nuwe siel
die leisels het geneem
van al ons dinke en gevoel,
en ons op duiselhoogte het geplaas
van saligheid,
vanwaar ons oog sig plots’ling kan verbeel
in d’afgrond van die smart te kyk.

[53]

XI.

Nie elke awend, na die awendmaal,
bly Roelof in die huiselike kring:
hy trek hom baie-maal terug
om rustig in sy kamer hom te wy
aan skryfwerk, mee na huis gebring,
of aan ’n boek;
en nie beseffend, blykbaar, hoe hy dan
’n leegheid nalaat in die kleine kring
om d’awendlamp.
Dan kom die wens by Martjie somtyds op
—sy weet nie waarom nie—
dat hy tog maar
vir altyd weg mag bly!

Die somer-aand is swoel;
en ope, wyd,
[54]
staan deure en rame, bundels lamplig strooiend
buite-toe,
tot diep in d’eike-blare.
’n Ligbaan val daar ook uit Roelofs venster,
reguit oor die werfgras,
op en oor
die muurtjie van die tuin,
die rose-struike treffend daar,
en as gevange eind’gend in
’n rose-tros, ferwélig donker-rooi,
bo almal, hoog,
warmgloeiend teën die donker van die nag.
In skaad’wee van die roseboompies,
agter in die tuinpad, staan ’n bank;
daar ’s iets daarop wat roer....
Dis Martjie:
vroeg in d’awend reeds had sy
haar kamer opgesoek.
Maar swaar en stikkend was die lug,
gevlug was sy na buite,
asem soekend in die tuin.
Màg sy, mag sy deur die struike heen
haar oog laat gaan
na Roelofs kamer, oor die werf?
Ag, waarom nie? die raam en deur is wyd
geopen vir die koelte,
en sy hoor haar ma is daar,
hoewel sy haar nie daarvandaan gewaar:
[55]
iefd’ryk-sorgend bring tant’ Mieta so
vir Roelof baie-maal ’n koppie melk,
en bly ’n rukkie in sy kamer dan
met hom gesels
—’n moeder ook vir hom,
nie minder as vir Martjie, haar eie kind.
Die plaasvolk kom na huistoe uit die dorp,
’n deuntjie singend by die hees geluid
van hulle konsertina,
trappend op die maat;
en as hul oor die baan van lamplig tree,
wat val uit Roelofs kamer,
draai die hoofde ’n oënblik om
en word hul groet gehoor:
„Naand basie!”
Sonder op te kyk het Roelf
die groet beantwoord;
steunend op sy hand-palm rus sy hoof,
sy oog gebonde in aandag op die vloer,
wyl ou tant’ Mieta iets vertel.—
Aan éen kant, op sy hoof en skouer, straal
die lamplig helder.
Martjie stoot die takkies van die rose
eenkant toe,
dat sy hom kan gewaar;
en hongerig asof sy hom
nie elke dag ontmoet,
verslind sy hom in stilte met haar oog.
[56]
Weeklaënd-hees „ha-ha” die konsertina
nog van ver
en begelei die krekie-sang
—geluide wat nog meer
aan Martjie laat gevoel
dat sy alleen is, heeltemal,
omslote in die donker, en vergeet—,
O, heerlik met die saligheid alleen,
wat opbruis in haar boesem,
sterker golwend elke oënblik nou.
Sy kan nie meer bly sit nie,
spring meteens oorend en wandel snel
die tuinpad op en neer
tot bowe by die ou prieel,
haar wange koelend teen die druiwe-loof,
en drink, met lippe ope wyd,
die koele naglug,
teug op teug.
Sy voel ’n drukking, pynlik, op haar bors;
en op haar knieë
sak sy neer meteens,
haar hande op haar bors,
haar oë na die sterre bo,—
en magteloos, half biddend,
half belydend,
net soos een
gevange in die krag-greep van ’n reus,
ontbéwe aan haar lippe net die woorde:
[57]
„God,.... ’k het lief!”....
.........................
Dis laat!.... Hoe lang sou ’t wel kan wees
dat sy daar in die paadjie sit, alleen?
Sy weet nie....
strykend met haar handjie oor haar voorhoof
staan sy op,
en voel so kalm en rustig as
sinds maande nie....
Die ligte is oral uit,
en alles slaap op Uitkyk reeds.
Sy stap die paadjie af, die tuinhek uit,
die sware skaad’wee van die eike deur,
en loop die woning om
na agter
en bereik haar kamers buitedeur.

[58]

XII.

Sy voel haar weer vanmôre heeltemal
haarself van vroeër dae
lughartig, onbeswaard,
en byna onverskillig teënoor Roelf.
Sy kan haarselwe nie verstaan,
gedenkend die beroering van gist’r-aand:
Die weelde is dit, van selfgenoegsaamheid,
versekerd van besitting groot en ryk
—bo alle twyfel nou ge-openbaar—
van liefde so oorstelpend
dat daarnéwens
alles is verkleind,
selfs hy, vir-eers, die oorsaak van die vlam
—onwetend van sy skuld.
Te groot is in haar bors die skat,
oormoedig gun sy sig die rykaards spel,
wat speels sy rykdom van hom stoot
[59]
in heerlik-onbestemd besef,
dat hy in tydgenoegsaamheid kan wag
op groter vreug, wat so gebêre bly
vir dae wat kom.
Dis waar en onmiskenbaar nog, helaas,
dat Roelf geen roering voel soos sy.
Maar magteloos
had sy haar mee laat sleur
in storremdraaiing van
die skoon verrukking,
wat meteens
op haar was afgekom,
en op sigselwe waar en salig was
—die toekoms ongeag.

Eén vir ene
kom en gaan die dae
en laat die vuur bedaar
van elke roering, selfs die edelste,
van elke drif of hoë gevoel;
en nugter loer die werk’likheid weer in
en vra:
of dit waarskynlik is
of dat ten uitvoer is te bring.
Dit kan nie anders nie:
die koel gelykmatigheid
[60]
van Roelofs daëliks doen, dieselfde nog
soos altyd,
moet vir haar weer elke keer
terugvoer tot haar twyfel,
tot die rand
van wanhoops donker afgrond;
huiwerend ontruk sy aan die aanblik
telkens weer haar oog,
en voel of in haar are al haar bloed
terugstroom na haar hart
Met stil-weemoedig laggie dink sy nou
terug aan d’eerste dae
toe hul mekaar leer ken het,
toe haar hart alreeds
die soet geheim ontdek het
en sig had verraai,
in klein beroering eers
van onrus,
waarvan sy
die grond nie wis nie.

Aldag in die sonnetjie te sit
van ’n mooi paar oë,
daarby nog die gunsteling van pa
en „goeie kind” van ma
—daar’s menig jonkman wat dit Roelf beny.
En hy sou doof moet wees
[61]
en blind
om nie die praatjies te verstaan
en nie die laggies raak te sien
wat oweral, en min of meer bedek,
’n teer verhouding onderstel
wat tussen hom en Martjie sou bestaan.
Ja, baie minder sou voldoende wees
bemoeisug te laat glo
dat tussen hulle twee
die sakie klaar beklonke is.
Martjie is nie minder, in die kring
van haar bekendes,
’n mikpunt reeds geword
van kleine plaëry;
en onoortuiënd is haar woord
as sy, verleë, ontken.
Geskok voel sy haar eers deur al die praatjies,
onheilig rakend aan haar hartsgeheim,
dog oorsaak dat haar oog allengs
aan nugtre blik gewen,
en sy die vraag haarselwe durf te stel,
skoon huiwerend nog:
„sal ooit my liefde word beantwoord,
„word ek eens
„die vrou van Roelf, of nooit?!”

Is ergens in die buurt of dorp
’n aandparty,
[62]
waar elke jonkman word verwag
’n noointjie mee te bring,
dan is daar nooit ’n ander een
aan Roelofs arm
as Martjie.
Dikwels dink sy by haarself dat hy
uit pligbesef vir haar maar altyd neem
En welverstaanbaar is dit ook
dat so’n gereëld samegaan met haar
die mening sterk,
dat hul verhouding so is as
die wêreld dink,
en tog, helaas, so ver van waarheid is.
Pynlik is ’t vir haar, en hinderlik;
en as hy, op ’n dag,
haar weer kom vra om mee te gaan,
verstout sy haar die wedervraag te doen,
of hy nie ’n ander sou wil neem—
hoewel sy lank al het gemerk
dat hy,
so min as aan haarself,
gehegtheid het betoon aan een
van al die nooiens wat hy ken.
„Wat?” seg hy, „en dink jy dan dat ek
„my noointjie somaar in die steek laat staan,
„dat ’n ander een
„haar weghaal voor my neus?”
En so maak hy
lughartig sig weer daarvan af,
[63]
soos altyd sy manier maar is.
Die woordjies so gedagteloos
en lossies uitgebring deur hom: „my nooi”,
vertoon die afstand juis aan haar,
die peilloos diepe kloof wat hulle skei.

[64]

XIII.

Op Soetlands-vlei is bruilof.
Stoffies trek omhoog in al die paaie,
dis karre wat op weg is na die fees.
Uitkyks kapkar is ook een daarvan.
Die beste perde van die stal
is ingespan vandag,
en tuie blinkend in die son.
Van ver alreeds
word karre en perde oor en weer herken.
En doeke by die raampies uitgewuif
bring groete reeds vooruit
van vrinde, aan vrinde langtyd nie gesien.
En daar waar paaie uitloop in mekaar
word stil gehou
om soene met mekaar te wissel eers
en hande-groet,
dan gaan die reis weer verder aan.

[65]
Tafels staan gedek op Soetlands-vlei
se werf,
in koele skaad’wee,
alles van die beste is daar op
wat d’Afrikaanse huisvrou kan berei,
gebakke, vrugte en blomme
in bonte mengeling.
Maar seker is die skoonste nog van al:
die blosend-lief gesiggies,
tawwertjies, soos blomme self
met held’re somerkleure,
ryklik rondgestrooi
al tussen-deur die swarte drom
van mense—
laggies hupp’lend deur die praatgebrom,
die grappies spattend
hier en daar,
en handjies blank en fyn
wat help om rond te dien.
Die vrolik-gulle lag van Roelf
word nou en dan
bo almal uit gehoor.
Hy maak of hy die korswil nie verstaan
wat doel op hom en Martjie.
Wag, die ergste kry hy nog te hoor:
In d’eetsaal is die gaste
nou byeen,
’n glasie word getik
en stilte aangevra
[66]
vir iemand wat ’n woord wil praat.
Die sprekers woorde is maar baie gewoon:
hy wens die ouerpaar
en bruid en bruidegom geluk,
maar laat dan daarop volge:
„vrinde,
„dis wel waarlik te verstaan
„dat so baie mooi gesiggies
„as ons hier vandag
„versameld sien
„wel maklik menig jonkman kan beweeg
„om ook ’n plan te maak....
„en ’k dink ek kan jul wel
„verseek’ring gee
„dat ons nie al te lang meer hoef te wag
„om nogmaals so’n fees te vier”....
Gelag gaan op, en onderbreek
die sprekers woord,
wyl ieders oog op Roelof is gerig
en hande-kloppies op sy skouer val.
’n Oënblik staan hy glad verbluf
al-eer hy ’n laggie op kan wek
om hom te red;
maar klankloos is die laggie,
kort en leeg.
In ope-staande deur,
net agter haar,
is Martjie, op die sprekers woord,
verdwene in ’n kamer,
[67]
ongemerk en snel,
vergeefs dat hoofde en oë sig nou beur
om haar te soek.
En in die kamer bly sy tot
die uur van huistoe-gaan.

Op t’rugreis na die plaas,
is ’t wel opmerklik stil van-aand
in ou oom Koot se kar.
En twee wat op die agterbankie sit
is bly
dat ’t reeds so laat is
en hul nie
mekaar kan sien.

Maar al te ongewoon
is Roelofs swye vir oom Koot,
hy draai hom om na agter toe:
„maar wat is ’t dan met julle twee van-aand?”
Roelf probeer aanhoudend sig te red
met praatjie of grap,
maar ’t wil van-aand nie vlot nie.
Na ’n rukkie sê oom Kootjie weer:
„my skepsels! maar het julle twee
„dan rusie met mekaar gemaak?”
En ’n eindjie verder:
„Ma, so waar die kêrel sit ’n slaap,
[68]
„hy het, so by-me-siel,
„’n dop te veel gesteek!
„Of sit hul in die donker stil te vry?”

Dis laat al as die kar
op Uitkyk kom,
Roelf is agter uit gespring
en loop na vore om die hek
te open,
dat oom Koot
daar deur kan ry.
Hy sluit dit weer en roep van ver
aan almal goeie nag
terwyl hy na sy kamer stap.
Die plaasvolk is geroep deur Jaftas blaf
en kom reeds nader om die kar
en perde te versorg.
En nog een het haar kamer gou gesoek,
maar nie om rus of slaap te vind,
al het sy haar ook haastig uitgekleed,
die kêrs geblus
en op haar bed haar uitgestrek.
O, ’t klop so in haar hoof
en in haar bors!....
Met woeste ruk
het sy meteens
die dekens afgegooi,
[69]
en sit oorend....
die blou-wit maanlig straal die venster in
en val op haar.
Sy’s op, en voor haai tafel nou;
sy was haar hande
en gesig.
en kyk na buite.
Haelwit oor die waenhuis-géwel gly
die maanlig.
Tuingereedskap staan in klompies
teen die muur,
as rustend na die arbeid van die dag.
En op die hard gelykte, breed en leeg,
van d’agterplaas
twee jonge boompies naas mekaar,
elk éne by sy ronde skaad’wee-kol,
beweëloos....
In Martjies oë lyk dit alles tog
so onverskillig-dom,
verlate, en met niks
of niemand mee-gevoelend.
Saggies en werktuiglik open sy
die binnedeur wat uit haar kamer lei,
en sluip op blote voete in die gang,
nie wetend waar sy heen wil gaan.
Gevoelloos is ook alles daar
en leeg,
in skeem’ring stil-geheimsinnig.
[70]
Dof-glimmend
staar die deure-knoppe haar
onvrindlik aan
net of hul vra: „wat soek jy hier”.
Sy’s in haar kamer weer,
en op haar bed terug,
die maanlig op haar witte nag-gewaad,
haar hande om die katel-knop geklem,
haar voorhoof op haar hande neergebuig.
En fluist’rend in die stilte van die nag,
ontval haar lippe ’n klag, verwytend half:
„O, wáarom tog nie, Heer, O, wáarom nie?!”

[71]

XIV.

Die dag daarna as Roelf
sy kamer uitstap en
die woonhuis nader, om sy oggendmaal
te gaan gebruik,
staan voor die stoep die kapkar,
ingespan en klaar
om weg te gaan.
Martjie kom die voordeur haastig uit
en tref hom by die treedjies aan.
Blykbaar het sy nie verwag
hom nog te sien of spreek.
Sy’s wrewelig, en voel
dat op haar wang
’n kleurtjie haar verraai;
terwyl sy moeite doen
haar laggie tot ’n aldags-plooi te dwing.
Sy groet hom,
[72]
met ’n uitleg, haastig-weg
dat sy gaan kuier by tant’ Hannie Ras.
Sy was al op van-môre vroeg
en het haar ma vertel hoe sy reeds lang
tant’ Hannie ’n kuier het beloof,
en gister by die bruilof het
tant’ Hannie haar gevra
tog nou nie langer uit te stel.
So kom sy dan van-môre tot die plan
om daad’lik maar te gaan;
en om die perde nie te veel
die warmte te laat voel,
sou sy maar vroeg vertrek:
Op Uitkyk is dit heeltemal die reël
dat Martjie so die perde en die kar
tot haar beskikking het.
En Roelof voel net dankbaar dat hy haar
van-môre nie aan tafel reg-oor hom
sal sien soos elke dag.
Martjie het die plan bedenk,
om gras eers te laat groei
oor daardie oom se aanspraak by
die fees van gister.
Roelof ken sy al genoeg
om wel te weet
dat dit nie al te lang sal hoef te duur,
dewyl hy nie meer voel as dat
onwaarheid is gevoed,
[73]
waar tussen hom en haar tog niks bestaan.
Maar hoe dit haar getref het, nee,
dit, voel sy, sal hy nooit besef of weet.

Veertien dae sou haar kuier duur,
maar nou’liks is ’n week verby
of Martjie is op Uitkyk weer terug.
Tant’ Mieta vra haar,
eers van al,
of ou tant’ Hannie haar
dan nooit te ete het gegee—
so maer het sy geworre.
Roelof druk haar handjie
hartelik;
„welkom tuis, ou sus,
„maar, alla wêreld, ons het jou gemis!”
Waar en gul en openhartig nog,
soos altyd,
is sy woorde en manier,—
maar haat’lik byna tog vir haar:
bewysend hoe sy, onbegrepe nog,
’n vreemd’ling in sy boesem bly.
En tog, met vlugtig opslag,
blits haar oog
in syne,
asof, teën alle hoop en wete in,
[74]
’n dieper sin sig daar sou laat gewaar
van wat hy sê.
Maar ag, ’n halwe oënblik is genoeg
vir haar om te verstaan
dat sy vir hom
„ou sus” net is gebly,
en niks as dit alleen.
Martjie weet nie waarom sy
’n stil verwagting had
dat daardie kuier by tant’ Hannie tog
verligting of verandering aan sou bring.
Maar alles is soos altyd nog:
die vrae is nog daar,
en knaend nog die ou verlange na
’n skoon besit
wat hare nie mag wees.
En tog kom af en toe
’n glimlag haar verras
in weemoeds-uur,
en vra sy aan haarself of pa en ma
wel ooit die rykdom het geken
wat haar besitting is.
Dan weer, meteens, bevind sy haar
op boodskap weg, na Roelf,
maar keer terug op halfpad, omdat sy
nie weet wat sy hom eintlik het te sê—
en voel haar dan soos een
verstote in haar armoed, en verlaat.
[75]
Martjie het nog nooit haarself gevra
of Roelofs aansien by die mense haar
bewoge het om hom te eer
en lief te hê.
Dat hy die eer
en aansien moet gewin
en dat sy, baie-maal,
nou hier
dan daar,
’n woord van lof moet hoor
op hom—
sy voel maar net
dat alles so moet wees,
dat net so goed die son
op middernag kan skyn
as dat ’t anders is;
en in haar oë lê ’n kalme blik wat sê:
„Ek weet dit al;
„is dit maar al wat julle het te sê
„van hom?
„O, myne is hy,
„en meer as een van julle s’n,
„hy’s myne alleen!”

[76]

XV.

Roelf gaan weg,
op sake moet hy uit,
vier dae deur die veld.
Twee ander, van sy vrinde, gaan ook mee,
hul gaan te perd;
’n jag-tog sal dit wees ter-selfder-tyd.
Dae lang word reeds beskuit gebak,
die saëlsakke vol gemaak,
die streepsak ook wat op
die handperd word gelaai.
Roelf is opgewonde:
een en al verwagting oor die reis.
Net daaroor is die praat aan tafel ook.
En as hy Martjie kastig,
in die kombuis,
kom help met koekbak en beskuit
[77]
en, meer as ander dae,
haar plaag en terg,
dan voel sy dat dit net
die bly verwagting is van hulle reis
wat hom so buitensporig maak.
En op die môre van vertrek
as hy, en die ander twee wat same gaan,
’n stukkie eers nog eet
aan tafel by oom Koot,
as hy tot afskeid haar ’n handdruk gee,
O, dan het Martjie hom
nog nooit so mooi gesien,
in veldpak, netjies passend aan sy lyf,
en bree-rand hoed wat lyk
of ’t niemands hoof so mooi kan pas
as syne.
En in sy oë vlam ’n gloed
van hartstog....
ag, die hartstog net alleen
vir veld en berge....

Tant’ Mieta wil, vóor Roelof huistoe kom,
sy kamer eers ’n goeie skoonmaak gee.
Die werk van bed-opmaak
en uitvee elke dag
was altyd maar die werk van Rosie.
Martjie het wel af en toe
ook daar gekom,
[78]
om Roelf ’n koppie koffie aan te bring,
te waarsku dat die ete wag,
en so nog meer.
Maar nooit was sy alleen daarin, soos nou.
Want alhoewel die werk ook nou
aan Rosie weer was opgedra
—’wyl sy sou toesig hou—
so het sy tog ook self ’n voorskoot om;
en ongeduldig het sy, na ’n ruk,
ou Rosie weggestuur:
sy sou wel alles self regeer
en Rosie moet vir ounooi maar gaan help.
As Rosie ’n rukkie weg is draai sy stil
die sleutel in die deur,
en sluit sig in.
Hoe heerlik om haar daar alleen te voel!
Alleen? O nee:
sy wese is daar,
die kamerlug hang vol daarvan,
dit sweef haar teë uit die skaad’wee
van die bed,
dit fluister uit die lang gordyne-plooie
en uit die sonligstraal
wat deur die raam
die tafelkleed beskyn.
Omstrelend en omtastend sluit
sy gees en wese haar van alkant in,
bekorend soet soos iets wat sy
in stilte steel,
[79]
en tint’lend in haar bloed met so’n gevoel
van saligheid dat sy
—met hande op haar bors geklem—
bly staan,
onmagtig die betoow’ring haar te onttrek;
ondeuend-bly geniet sy van
verbode vrug
uit jong verbeeldings ryke skat:
’n gode-drank,
’n drome-melodie,
in liefdes skoon paleis.
Daar staan die varing-plant waar hy
sy sorg aan gee,
sy metgesel,
—bevoorreg bowe haar—
sy streel die fyne blaartjies met haar hand,
begiet die plantjie liefd’ryk uit die kruik,
in onbestemd besef van medely
met iets wat sorg en troos ontbeer.
En voor die tafel staan sy stoel,
daar sit hy elke dag.
Sy gaan daar nou op sit en dink daarby:
so sit hy op dieselfde plekkie, net
waar ek hou sit!
Opbruisend kom ’n blyheid haar oorstelp,
haar arme slaan sy kruiselings
om eie lyf
en wieg haar heen en weer—
[80]
’n laggie om haar mond.
Besitter voel sy haar van iets
wat sy hou-vas,
en niemand ooit haar kan ontroof:
„Ja, net soos ek so sit hy hier,
„sy hoof waar myne is,
„sy hals....” ’n purper blos bedek meteens
haar wange,
uit die stoel
spring sy oorend,
verbergend in haar hande haar gelaat,
haarselwe hatend....
Na ’n rukkie is nou weer
die felle slae in haar bors bedaar.
Sy sien ’n boeke-rakkie aan die muur;
en neem ’n boek daaruit
en slaan die blaaie om,
verstrooid en sonder plan,
en lees ’n reël hier en daar.
Maar wat is dit? Sy lees aandagtig nou:
„Ek mag jou nie lief hê en kan jou nie haat nie,
„ek mag jou nie hou en ek kan jou nie laat nie.
„O, leer my die bittere stryd te volstry.
„En, ag, wat daarbinne my hart so deurknaë,
„ek wil ’t nie mis nie al kan ek ’t nie draë,
„die pyn wat genot is en mart’lend verlei.
[81]
„Ek kan jou nie haat en mag liefde nie géwe,
„so staan dit gemeld in die boek van ons lewe,
„O, smart wat verdélend my hart so deursny.
„Ek mag jou nie hou nie en kan ook nie skeië,
„so wil ’t die sterre se wet van die tyë,
„O, sê my, hoe sal ek die stryd ooit volstry.
„O, eensaam herhaal ek deur nagte en daë,
„vergeefs nog en ewig die swaarste van vraë,
„en voed ek, genietend, die pyn wat ek ly.
„Ek mag jou nie lief hê en kan jou nie haat nie,
„ek mag jou nie hou en ek kan jou nie laat nie
„O, leer my die bittere stryd te volstry.[1]
Met aandag, meer en meer gewek, het sy
die versie tot sy end gelees.
Hoe treffend en hoe waar
word daar die spieëlbeeld van eie siel
haar voorgehou!
Daar lê ’n stukkie potlood op die plank,
sy neem dit in haar hand....
Sy kan ’t nie laat nie,
O, sy sal, sy moet!:
sy trek ’n potloodstrepie langs die vers!
Sal hy dit sien!
[82]
O, laat hy ’t sien! Sy is wanhopend al,
sy gee nie om nie:
Ja, as sy dan nie mag praat nie
laat dan so
sy oog geopen word;
hy moet dit sien, sy wil dit hê;
maar, ag,
hy dink miskien dat hy
dit selwe eens het aangemerk....
Sy skryf die eerste letters van
haar naam daarby!
Met kloppend hart set sy
die boekie op sy plank terug.
’t Sou wel kan wees dat hy
die boekie nie meer in sal kyk,—
wat help dit dan?!
Die potlood in haar handjie
het ’n geur,
soos alles wat hy raak
of syne is.
Sy vra haarself of sy alleen
die lug gewaar,
dan of dit slegs verbeelding is van haar;
lavendel-geur is ’t nie, maar wel
’n fyn aroma, soet en aangenaam,
wat uit die wese straal
van die wat ons bemin.
Sy berg die stukkie potlood in haar bors,
dis iets van hom,
sy sal dit hou vir haar....
[83]
Héwig skrik sy op,
want iemand het die deur se kruk gedraai.
Dis Rosie,
ou-nooi stuur haar weer, en vra
waar nonnie bly.
Haar soete droom is uit,
sy gaan,
en laat die werk aan Rosies sorg.

[1] Vertaling van ’n gedig van Hamerling.


[84]

XVI.

Maande en maande was daar reeds
gerug van oorlog.
Almal was die praat daaroor gewend;
en elke ene het sy weg gegaan
soos voor die tyd.
En altyd werd die vraag gewoë
weer en weer:
sou’t kom of nie?
Die vrese en die hoop het beurt om beurt
mekanders plek geneem,—
en baie het sig reeds gerus gestel.
Maar plots’ling is die kans
ten slegste omgeslaan;
die vyand soek die stryd, geen mense-hand
kan nou nog keer.
Bedrywigheid is oral
[85]
en gewoel.
Te wapen! is die kreet.
Leeftog word versamel en verpak.
Van mens en dier word diens geverg.
Die treine is vol.
Banier en sang
gelei die jonge burgers uit.
En snikke, uit die skare, onderbreek
die afskeids vroom gebed,
en seënwense.

Roelof kom nie uit nie.
Wat sou’t wees?
’n Week gaan om,
’n twede,
na die dag dat hy
gesê het dat hy weer
terug sou wees.
’n Briefie kom daar eind’lik
met berig
dat hy met d’eerste klomp
was mee-gegaan,
en op die grense hom bevind:
Oënbliklik was hy met sy perd
tot krygsdiens opgeroep,
[86]
en baie werksaam sinds die eerste dag.
Daar kon nie aan gedink word
om nog eers
na huis terug te kom.

Die huis is stil op Uitkyk,
net asof
daar ene uit begrawe is.
Met ywer is tant’ Mieta weer
aan werk gegaan,
om oorvloed van gebak
en alles wat maar lekker is
gereed te maak
en weg te stuur aan hom,
„haar kind”.
En klere moet hy hê en warme dek.
Sy het nie rus nie,
nag of dag.
En as die grootste drukte nou bedaar,
en sy
weer tyd het om te dink,
moet Martjie en oom Kootjie
baie-maal gewaar
hoe sy in stilte, as sy dink
dat hul nie sien nie,
’n traan van kommer uit haar oë droog.
[87]
As Martjie ’t merk, die eerste keer,
dan tref ’t haar skokkend:
wat! sou ma dan waarlik dink dat hul
vir Roelf nie weer sal sien nie?
Nee, aan so iets het sy self
nog nooit durf dink.
Sou ’t moontlik wees?
Sy kan ’t nie glo nie, nee!
Maar van die dag af is daar in haar bors
’n wurmpie wat daar vreet,
en op haar jong gelaat
’n trek van sorg,
en in haar oog ’n blik van onrus bring.
Vlugtig was sy afskeid daardie dag,
sy maters was daarby,
van oog tot oog
en siel tot siel
het niks gepraat.
’t Was nie anders of hy toe maar net
’n groet tot weersiens had gegee.
En ’t sou die laaste groet kan wees van hom?
van hom, besitter van haar hart en wese!
Nee!!
Haar lewe was hy, elke dag,
ten spyte van die kloof
wat haar van hom moes skei,
sy wese so met hare saamgeweef
dat sy
[88]
so min haar kan verbeel
in eie bestaan haarselwe te verlies
as hom.
Sal hy verdwyn in eew’gheids duisternis
so sonder woord of teken eers aan haar?
Sal sy hom eendag soek—sy weet nie waar—
en sal hy as ’n vreemde wees
wat haar nie ken;
sal sy hom soek en nie kan vinde?
O!
Dan sal sy selfs te midde van ’n skaar
van hemellinge
eensaam voel,
soos ene in die eew’ge kou alleen,
van d’hemelruim.

Die eerste offers is geval
in vryheidskamp;
die droewe mare hang op straat en plein.
In klompies staan die mense,
hier en daar
en fluist’rend word gepraat
van die, wat almal het geken
en nooit die strate van hul dorpie weer
sal mag betree.
En ’t lyk of elk een aan die ander vra:
[89]
O, wat het ons begin, en waar
sal d’einde wees?!

Op Uitkyk kom berig dat Roelf
verwond is in die slag....!
Daar’s stilte in die kleine kring;
in drie paar oë wel die trane op
van dank,
dat wreder slag hul is gespaar.
Maar deur die trane breek ’n glimlag heen
van trots!
Die wond is nie
van veel beduidenis
en Roelf laat weet dat hy
in weinig weke weer hersteld sal wees.

Die weke kom en gaan,
die lange maande,
een vir een.
En soos ’n blits uit wolke, onweer-swaar,
kom senuwee-skokkend keer op keer berig,
van stryd en dood.
[90]
Op Uitkyk is die rus verdwyn,
oom Kootjie, ook, verdrietig nog daarby
dat ouderdom hom bind
aan huis en haard.

Dis sondagmôre en gure winterweer,
maar vroeg is reeds tant’ Mieta en oom Koot
na dorp gery,
deur niks was hul te keer nie
want daar is
’n diens vandag vir die
wat staan, en sterwe
op die veld van eer.
Martjie is allénig tuis gebly.
Sy’s voor die venster,
buitetoe haar oog gerig.
En grys en driestig is die winterdag:
in lange rye lê die wolke,
swaar gebank,
eenselwig-vaal en roerloos, of hul so
nog honderd jaar kan draal
in trage rus
—die folterpyne onge-ag
van harte wat daar kwyn,
van harte wat daar ween en bid
om sonneskyn.
[91]
Die wind wil maar gaan lê,
want moeg gesug
is reeds die oue eike voor die deur.
Net nou en dan
kom nog ’n snikkie ná,
as teën die ruit
’n dooie blaartjie tik.
Starend-wyd is Martjies oog
in vèr gedagtes heeltemal verloor:
sy dink aan hom.
En onverklaarbaar is die raadsel nog vir haar
hoekom hy tog haar liefde het versmaad,
sy dink daar elke dag nog aan.
Sy dink daaraan
hoe sy gesien het soms
dat hy
’n stryd te strye had,
asof hy in ’n weif’ling staan.
En eendag, by ’n wending van haar hoof,
so onverwags,
het sy sy oog gevang, op haar gerig,
vol trane en medely!....
Dis net of in haar oog meteens
’n flikkering is ontwaak,
sy’s opgestaan en kuier snel
die kamer op en neer,
soos iemand met ’n plan
wat nie kan wag nie:
„wáarom had hy trane in sy oog
[92]
„vir my?
„wáarom, wáarom het hy my verstoot?
„Ek sal, ek mag,
„ek moet dit weet!
„O, dat ek sou kan dink dat ek
„te laat kan wees
„om dit van hom te hoor!
„Wat is dit wat my sê
„dat ek geen dag verlore moet laat gaan
„maar spoed moet maak?
„Hoe het ek tog so lang nog hier kan bly!”
By tuiskoms van tant’ Mieta en oom Koot
is Martjie besig, by haar kas,
haar klere uit te soek.
Haar plan is gou vertel:
sy sluit haar aan
by die ambulans, die eerste wat weer gaan;
verpleegsters word gevra,
sy kan nie meer
op haar laat wag,
haar diens, as dogter van haar land,
word ook geverg.
Tant’ Mieta is bly,
dat sy na Roelfie gaan,
haar „kind”.
Die moeder-oog het lang gewaar
hoe Martjies hart aan hom
gegéwe was.
[93]
En welgetroos dat eenmaal sou gebeur
wat ook haar moederhart verlang,
het sy maar stil gewag,
vertrouend op die tyd.
Sy weet ook wel wat jonge harte is;
en wat sou dan kan hinder dat die twee
mekander vind?

[94]

XVII.

Die trek was lang en swaar,
die hele nag,
deur reën en wind
—die swarte donker elke keer
herskep in helder dag
deur flikker-blitse,
ligtend op die lange ry
van waens
en diere, steunend in die tuig en juk—
hul pligte nooit versakend.
En, as onwillend-traag, was skaars
die lang verbeide dag ontwaak,
of plotseling
het knetterend kleingeweer
die aanvang aangekondig van ’n stryd.
En heeldag het dit aangehou
nou digter by,
[95]
en dan weer ver,
by-wyle heeltemal bedaard,
tot net ’n skot of drie
nog word gehoor,
meteens dan wakk’rend weer
tot woedend-fel gekraak
aaneen....
Gewonde meer en meer
word aangedra na die ambulans,
en dokter en verpleegsters het
hul hande vol
—en Martjie ook daarby.
Sy béwe elke keer
as een word aangebring,
nie wetend of sy dalk,
in smartverwronge trekke, nie ook hom
sal moet herken.
Sy wens dit byna, hatend dan haarself
om so’n wens.
Die angs is nie te hou nie, want
daar’s iets wat haar ’n ongeluk voorspel,
die slag moet val, sy weet nie waar of hoe.
O, was ’t maar gou!
Sy weet hy ’s daar:
die môre vroeg het sy hom weer
die eerste keer gesien.
Dat sy ook daar is weet hy nie:
te perd het hy
[96]
die wa verby geja, van agter op,
met burgers na die front.
Sy het hom by sy naam wil roep,
maar in haar boesem het ontroering so
haar stem gevang
dat oor haar lippe net ’n fluist’ring kom.
Tevrede moes sy wees hom so
nog agterna te kyk
—so fier en kloek te perd, sy hoof omhoog,
as dorstend vir die stryd.

Burgers kom in klompies aangery
en gaan verby:
die orders is om t’rug te val,
die oormag van die vyand is te groot,
hul trek van ver
die stelling om.
Die ambulans, met rooikruis vlag omhoog,
moet daar bly staan
—verplegend swaar gewonde, in groot getal.
Martjie het moeite om
haar aandag aan haar werk te wy,
onrustig blik haar oog
na buite, elke maal,
[97]
of sy hom by die ander nie gewaar,
hoewel sy weet—sy kan nie sê waaróm—
dat hy nie met die ander daar
verby sal gaan.

Die laaste burger is al lang verby
as by die rooikruis-wa
die vyand sy verskyning maak,
en groter word hul aantal steeds.
Die dag se stryd en woeling word bepraat
en Martjie hoor vertel
hoe ’n klompie burgers dáár,
op daardie voorste punt,
was afgesny,
en almal doodgeskiet of swaar gewond,
behalwe éen:
en aangehou het hy alleen, totdat
sy laaste skot was weggeskiet,
en menigeen deur hom
sy dood moes vinde;
in hande is hy nou
en sal, nog voor vanaand,
met eie lewe moet betaal
die lewens wat hy so genome het
terwyl die stelling reeds
verlore was,
die stryd alreeds beslis....
[98]
Martjie het genoeg gehoor.
Sy weet, sy voel wie daardie burger is
al het haar niemand dit vertel.
Sy’s weg,
te voet,
meteens,
geen sterw’ling kan haar keer....
Die pad verlatend
pyl sy reg,
deur veld en bossies op haar doel.
Dis ver,
en opdraend,
maar sy stap,
sy stap,
en kyk net vóor haar.
O, sy kan nie meer—
’n uur, gewis,
sal sy moet stap!
Sy struikel,
nee, sy’s weer oorend,—
sy stap!
Die dorings pluk
en skeur,
sy struikel nogmaals....
Op!
Maar nee,
op hande en knieë
kom sy neer:
[99]
sy moet,
sy moet by asem kom....
Bedaarder nou
en stadig aan
—so kom ’n mens die verste....
Wat!
bedaard en stadig aan!?
terwyl hy reeds
word uitgelei, miskien....
die roers al aangelê....!
’n Roep van angs
ontsnap haar bors,
aan elke oor het sy
’n vingertop gedruk....
sy draf,
sy draf!
.........................
Hoe lang het sy al so
in onmag daar gelê?
Hoe kom sy daar?
Verwonderd kyk sy om haar heen....
O, ja, sy weet,
sy weet meteens....
O, waarom was sy tog so swak
om daar haar kragte te verlies:
die laaste bultjie lê net voor, sy kan
[100]
al stemme hoor....
Sy’s op,
sy stap,
oor klippe groot en klein
na bowe!
Wie het haar
so reguit op haar doel gelei?
Bo die laaste klippe
kom meteens
’n hoof en skouers uit
—dis hy!
Sy arme het hy op sy bors gekruis,
sy hoof omhoog,
sy oë fier gevestig,
of hy iets verwag
wat hy nie vrees nie....
„Roelf!”
Hy hoor haar stem
en maak meteens
’n snelle wending met sy lyf en hoof,
die selfde oënblik kraak
’n sarsie kleingeweer
en stort hy agteroor,—
met dowwe smak, en weerslag, raak sy hoof
die harde grond,
dan lê hy stil!
Sy’s daar,
by hom.—
[101]
Eerbiedig op ’n afstand bly
die ander staan....
Sy hoof het sy gelig,
met oë geslote rus dit op haar arm,
’n kol van donker-rood
is op sy bors—
dit dy en dy al groter uit....
Hy slaan sy oë op,
met glimlag van herkenning sien hy haar.
En sonder woord van haar het hy verstaan
dat sy ’n boodskap nog van hom kom vra
eer-dat hy gaan....:
„Martjie....
„ek het eenkeer lief gehad....
„die dood het haar
„van my af weggeneem.
„Jy wis dit nie....
„Ek het jou hart verstaan,
„maar wou nie praat,
„ek het gemaak of ek dit nie kon sien,
„en vrolik het ek my
„maar nog gehou....
„al het ek smart gevoel
„vir jou....
„Vergéwe my....
„Ek dag om so te wag, totdat die tyd
„my dalk sou leer....
[102]
„om jou ook lief te kry,
„soos haar,.... wat ek.... verlore het....
„dit mog nie wees nie, Martjie....
„en.... ek het gevoel....
„dat ek aan jou, en niemand,
„minder ooit mog gee
„dan ’k eenkeer.... had gegee....
„aan haar....”
Spraak’loos het sy aangehoor;
ontroering hou haar stem in boeie vas,
ook nou dat hy,
met oë wyd-onrustig starend,
lê te wag
dat sy moet praat.
Sy buig haar hoof
en fluister in sy oor:
„jy ’t goed gedaan!”
’n Handdruk, lang en innig, is haar loon.
Dan val die grote oë stadig toe,
tevrede....
Sy vingers lê nou magt’loos in haar hand....
En op die gras-saad van die vlakte sterf
die dag se laaste sonnestraal.
*** END OF THE PROJECT GUTENBERG EBOOK MARTJIE ***
Updated editions will replace the previous one—the old editions will be renamed.
Creating the works from print editions not protected by U.S. copyright law means that no one owns a United States copyright in these works, so the Foundation (and you!) can copy and distribute it in the United States without permission and without paying copyright royalties. Special rules, set forth in the General Terms of Use part of this license, apply to copying and distributing Project Gutenberg™ electronic works to protect the PROJECT GUTENBERG™ concept and trademark. Project Gutenberg is a registered trademark, and may not be used if you charge for an eBook, except by following the terms of the trademark license, including paying royalties for use of the Project Gutenberg trademark. If you do not charge anything for copies of this eBook, complying with the trademark license is very easy. You may use this eBook for nearly any purpose such as creation of derivative works, reports, performances and research. Project Gutenberg eBooks may be modified and printed and given away--you may do practically ANYTHING in the United States with eBooks not protected by U.S. copyright law. Redistribution is subject to the trademark license, especially commercial redistribution.
START: FULL LICENSE
THE FULL PROJECT GUTENBERG LICENSE
PLEASE READ THIS BEFORE YOU DISTRIBUTE OR USE THIS WORK
To protect the Project Gutenberg™ mission of promoting the free distribution of electronic works, by using or distributing this work (or any other work associated in any way with the phrase “Project Gutenberg”), you agree to comply with all the terms of the Full Project Gutenberg™ License available with this file or online at www.gutenberg.org/license.
Section 1. General Terms of Use and Redistributing Project Gutenberg™ electronic works
1.A. By reading or using any part of this Project Gutenberg™ electronic work, you indicate that you have read, understand, agree to and accept all the terms of this license and intellectual property (trademark/copyright) agreement. If you do not agree to abide by all the terms of this agreement, you must cease using and return or destroy all copies of Project Gutenberg™ electronic works in your possession. If you paid a fee for obtaining a copy of or access to a Project Gutenberg™ electronic work and you do not agree to be bound by the terms of this agreement, you may obtain a refund from the person or entity to whom you paid the fee as set forth in paragraph 1.E.8.
1.B. “Project Gutenberg” is a registered trademark. It may only be used on or associated in any way with an electronic work by people who agree to be bound by the terms of this agreement. There are a few things that you can do with most Project Gutenberg™ electronic works even without complying with the full terms of this agreement. See paragraph 1.C below. There are a lot of things you can do with Project Gutenberg™ electronic works if you follow the terms of this agreement and help preserve free future access to Project Gutenberg™ electronic works. See paragraph 1.E below.
1.C. The Project Gutenberg Literary Archive Foundation (“the Foundation” or PGLAF), owns a compilation copyright in the collection of Project Gutenberg™ electronic works. Nearly all the individual works in the collection are in the public domain in the United States. If an individual work is unprotected by copyright law in the United States and you are located in the United States, we do not claim a right to prevent you from copying, distributing, performing, displaying or creating derivative works based on the work as long as all references to Project Gutenberg are removed. Of course, we hope that you will support the Project Gutenberg™ mission of promoting free access to electronic works by freely sharing Project Gutenberg™ works in compliance with the terms of this agreement for keeping the Project Gutenberg™ name associated with the work. You can easily comply with the terms of this agreement by keeping this work in the same format with its attached full Project Gutenberg™ License when you share it without charge with others.
1.D. The copyright laws of the place where you are located also govern what you can do with this work. Copyright laws in most countries are in a constant state of change. If you are outside the United States, check the laws of your country in addition to the terms of this agreement before downloading, copying, displaying, performing, distributing or creating derivative works based on this work or any other Project Gutenberg™ work. The Foundation makes no representations concerning the copyright status of any work in any country other than the United States.
1.E. Unless you have removed all references to Project Gutenberg:
1.E.1. The following sentence, with active links to, or other immediate access to, the full Project Gutenberg™ License must appear prominently whenever any copy of a Project Gutenberg™ work (any work on which the phrase “Project Gutenberg” appears, or with which the phrase “Project Gutenberg” is associated) is accessed, displayed, performed, viewed, copied or distributed:
This eBook is for the use of anyone anywhere in the United States and most other parts of the world at no cost and with almost no restrictions whatsoever. You may copy it, give it away or re-use it under the terms of the Project Gutenberg License included with this eBook or online at www.gutenberg.org. If you are not located in the United States, you will have to check the laws of the country where you are located before using this eBook.
1.E.2. If an individual Project Gutenberg™ electronic work is derived from texts not protected by U.S. copyright law (does not contain a notice indicating that it is posted with permission of the copyright holder), the work can be copied and distributed to anyone in the United States without paying any fees or charges. If you are redistributing or providing access to a work with the phrase “Project Gutenberg” associated with or appearing on the work, you must comply either with the requirements of paragraphs 1.E.1 through 1.E.7 or obtain permission for the use of the work and the Project Gutenberg™ trademark as set forth in paragraphs 1.E.8 or 1.E.9.
1.E.3. If an individual Project Gutenberg™ electronic work is posted with the permission of the copyright holder, your use and distribution must comply with both paragraphs 1.E.1 through 1.E.7 and any additional terms imposed by the copyright holder. Additional terms will be linked to the Project Gutenberg™ License for all works posted with the permission of the copyright holder found at the beginning of this work.
1.E.4. Do not unlink or detach or remove the full Project Gutenberg™ License terms from this work, or any files containing a part of this work or any other work associated with Project Gutenberg™.
1.E.5. Do not copy, display, perform, distribute or redistribute this electronic work, or any part of this electronic work, without prominently displaying the sentence set forth in paragraph 1.E.1 with active links or immediate access to the full terms of the Project Gutenberg™ License.
1.E.6. You may convert to and distribute this work in any binary, compressed, marked up, nonproprietary or proprietary form, including any word processing or hypertext form. However, if you provide access to or distribute copies of a Project Gutenberg™ work in a format other than “Plain Vanilla ASCII” or other format used in the official version posted on the official Project Gutenberg™ website (www.gutenberg.org), you must, at no additional cost, fee or expense to the user, provide a copy, a means of exporting a copy, or a means of obtaining a copy upon request, of the work in its original “Plain Vanilla ASCII” or other form. Any alternate format must include the full Project Gutenberg™ License as specified in paragraph 1.E.1.
1.E.7. Do not charge a fee for access to, viewing, displaying, performing, copying or distributing any Project Gutenberg™ works unless you comply with paragraph 1.E.8 or 1.E.9.
1.E.8. You may charge a reasonable fee for copies of or providing access to or distributing Project Gutenberg™ electronic works provided that:
• You pay a royalty fee of 20% of the gross profits you derive from the use of Project Gutenberg™ works calculated using the method you already use to calculate your applicable taxes. The fee is owed to the owner of the Project Gutenberg™ trademark, but he has agreed to donate royalties under this paragraph to the Project Gutenberg Literary Archive Foundation. Royalty payments must be paid within 60 days following each date on which you prepare (or are legally required to prepare) your periodic tax returns. Royalty payments should be clearly marked as such and sent to the Project Gutenberg Literary Archive Foundation at the address specified in Section 4, “Information about donations to the Project Gutenberg Literary Archive Foundation.”
• You provide a full refund of any money paid by a user who notifies you in writing (or by e-mail) within 30 days of receipt that s/he does not agree to the terms of the full Project Gutenberg™ License. You must require such a user to return or destroy all copies of the works possessed in a physical medium and discontinue all use of and all access to other copies of Project Gutenberg™ works.
• You provide, in accordance with paragraph 1.F.3, a full refund of any money paid for a work or a replacement copy, if a defect in the electronic work is discovered and reported to you within 90 days of receipt of the work.
• You comply with all other terms of this agreement for free distribution of Project Gutenberg™ works.
1.E.9. If you wish to charge a fee or distribute a Project Gutenberg™ electronic work or group of works on different terms than are set forth in this agreement, you must obtain permission in writing from the Project Gutenberg Literary Archive Foundation, the manager of the Project Gutenberg™ trademark. Contact the Foundation as set forth in Section 3 below.
1.F.
1.F.1. Project Gutenberg volunteers and employees expend considerable effort to identify, do copyright research on, transcribe and proofread works not protected by U.S. copyright law in creating the Project Gutenberg™ collection. Despite these efforts, Project Gutenberg™ electronic works, and the medium on which they may be stored, may contain “Defects,” such as, but not limited to, incomplete, inaccurate or corrupt data, transcription errors, a copyright or other intellectual property infringement, a defective or damaged disk or other medium, a computer virus, or computer codes that damage or cannot be read by your equipment.
1.F.2. LIMITED WARRANTY, DISCLAIMER OF DAMAGES - Except for the “Right of Replacement or Refund” described in paragraph 1.F.3, the Project Gutenberg Literary Archive Foundation, the owner of the Project Gutenberg™ trademark, and any other party distributing a Project Gutenberg™ electronic work under this agreement, disclaim all liability to you for damages, costs and expenses, including legal fees. YOU AGREE THAT YOU HAVE NO REMEDIES FOR NEGLIGENCE, STRICT LIABILITY, BREACH OF WARRANTY OR BREACH OF CONTRACT EXCEPT THOSE PROVIDED IN PARAGRAPH 1.F.3. YOU AGREE THAT THE FOUNDATION, THE TRADEMARK OWNER, AND ANY DISTRIBUTOR UNDER THIS AGREEMENT WILL NOT BE LIABLE TO YOU FOR ACTUAL, DIRECT, INDIRECT, CONSEQUENTIAL, PUNITIVE OR INCIDENTAL DAMAGES EVEN IF YOU GIVE NOTICE OF THE POSSIBILITY OF SUCH DAMAGE.
1.F.3. LIMITED RIGHT OF REPLACEMENT OR REFUND - If you discover a defect in this electronic work within 90 days of receiving it, you can receive a refund of the money (if any) you paid for it by sending a written explanation to the person you received the work from. If you received the work on a physical medium, you must return the medium with your written explanation. The person or entity that provided you with the defective work may elect to provide a replacement copy in lieu of a refund. If you received the work electronically, the person or entity providing it to you may choose to give you a second opportunity to receive the work electronically in lieu of a refund. If the second copy is also defective, you may demand a refund in writing without further opportunities to fix the problem.
1.F.4. Except for the limited right of replacement or refund set forth in paragraph 1.F.3, this work is provided to you ‘AS-IS’, WITH NO OTHER WARRANTIES OF ANY KIND, EXPRESS OR IMPLIED, INCLUDING BUT NOT LIMITED TO WARRANTIES OF MERCHANTABILITY OR FITNESS FOR ANY PURPOSE.
1.F.5. Some states do not allow disclaimers of certain implied warranties or the exclusion or limitation of certain types of damages. If any disclaimer or limitation set forth in this agreement violates the law of the state applicable to this agreement, the agreement shall be interpreted to make the maximum disclaimer or limitation permitted by the applicable state law. The invalidity or unenforceability of any provision of this agreement shall not void the remaining provisions.
1.F.6. INDEMNITY - You agree to indemnify and hold the Foundation, the trademark owner, any agent or employee of the Foundation, anyone providing copies of Project Gutenberg™ electronic works in accordance with this agreement, and any volunteers associated with the production, promotion and distribution of Project Gutenberg™ electronic works, harmless from all liability, costs and expenses, including legal fees, that arise directly or indirectly from any of the following which you do or cause to occur: (a) distribution of this or any Project Gutenberg™ work, (b) alteration, modification, or additions or deletions to any Project Gutenberg™ work, and (c) any Defect you cause.
Section 2. Information about the Mission of Project Gutenberg™
Project Gutenberg™ is synonymous with the free distribution of electronic works in formats readable by the widest variety of computers including obsolete, old, middle-aged and new computers. It exists because of the efforts of hundreds of volunteers and donations from people in all walks of life.
Volunteers and financial support to provide volunteers with the assistance they need are critical to reaching Project Gutenberg™’s goals and ensuring that the Project Gutenberg™ collection will remain freely available for generations to come. In 2001, the Project Gutenberg Literary Archive Foundation was created to provide a secure and permanent future for Project Gutenberg™ and future generations. To learn more about the Project Gutenberg Literary Archive Foundation and how your efforts and donations can help, see Sections 3 and 4 and the Foundation information page at www.gutenberg.org.
Section 3. Information about the Project Gutenberg Literary Archive Foundation
The Project Gutenberg Literary Archive Foundation is a non-profit 501(c)(3) educational corporation organized under the laws of the state of Mississippi and granted tax exempt status by the Internal Revenue Service. The Foundation’s EIN or federal tax identification number is 64-6221541. Contributions to the Project Gutenberg Literary Archive Foundation are tax deductible to the full extent permitted by U.S. federal laws and your state’s laws.
The Foundation’s business office is located at 809 North 1500 West, Salt Lake City, UT 84116, (801) 596-1887. Email contact links and up to date contact information can be found at the Foundation’s website and official page at www.gutenberg.org/contact
Section 4. Information about Donations to the Project Gutenberg Literary Archive Foundation
Project Gutenberg™ depends upon and cannot survive without widespread public support and donations to carry out its mission of increasing the number of public domain and licensed works that can be freely distributed in machine-readable form accessible by the widest array of equipment including outdated equipment. Many small donations ($1 to $5,000) are particularly important to maintaining tax exempt status with the IRS.
The Foundation is committed to complying with the laws regulating charities and charitable donations in all 50 states of the United States. Compliance requirements are not uniform and it takes a considerable effort, much paperwork and many fees to meet and keep up with these requirements. We do not solicit donations in locations where we have not received written confirmation of compliance. To SEND DONATIONS or determine the status of compliance for any particular state visit www.gutenberg.org/donate.
While we cannot and do not solicit contributions from states where we have not met the solicitation requirements, we know of no prohibition against accepting unsolicited donations from donors in such states who approach us with offers to donate.
International donations are gratefully accepted, but we cannot make any statements concerning tax treatment of donations received from outside the United States. U.S. laws alone swamp our small staff.
Please check the Project Gutenberg web pages for current donation methods and addresses. Donations are accepted in a number of other ways including checks, online payments and credit card donations. To donate, please visit: www.gutenberg.org/donate
Section 5. General Information About Project Gutenberg™ electronic works
Professor Michael S. Hart was the originator of the Project Gutenberg™ concept of a library of electronic works that could be freely shared with anyone. For forty years, he produced and distributed Project Gutenberg™ eBooks with only a loose network of volunteer support.
Project Gutenberg™ eBooks are often created from several printed editions, all of which are confirmed as not protected by copyright in the U.S. unless a copyright notice is included. Thus, we do not necessarily keep eBooks in compliance with any particular paper edition.
Most people start at our website which has the main PG search facility: www.gutenberg.org.
This website includes information about Project Gutenberg™, including how to make donations to the Project Gutenberg Literary Archive Foundation, how to help produce our new eBooks, and how to subscribe to our email newsletter to hear about new eBooks.